deur Surene Esterhuizen
Vandag is ek dankbaar dat ek ‘n heerlike naweek van rus agter die rug het en dat ek heerlik kon kuier saam met vriende wat op dieselfde golf lengte as ek is. Kobus wat ons vier vrouens vermaak met die heerlikste staaltjies van hulle reise van hoe hulle verdwaal tot hoe Vader ingryp! WOW oomblikke. Onbevange gelag van Annalize en Marinda, ek en Marietha wat soms meer gelag het omdat die ander twee lag. Die ongelooflike retreat gevoel.
Ek is dankbaar dat ek kon stilraak in die natuur en die klein dingetjies soos rysmiertjies en skilpaaie kon raaksien.

‘n Naweek is egter net-net te kort

