Dag 72 – 125 dae van dankbaarheid

deur Reneé Smit

Dankbaarheid – dit bly ‘n woord gevul met soveel diepte. ‘n Woord wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. ‘n Woord wat maklik gesê word, maar soms min oor gedink word.

Soms wanneer ek wakker word is ek soooo moeg dat ek my kop net onder die komberse wil indruk… En dan wil ek net wees… En dan onthou ek: ek het ‘n bed om in te slaap en ‘n werk waarnatoe ek kan gaan. En dan is ek dankbaar. Ek is bevoorreg om te kan werk. Ek is bevoorreg om ‘n salaris te kan verdien. Ek is bevoorreg om my skuld elke maand te kan betaal en te kan kos koop terwyl ander nie kan nie…

Dankie… Ons sê so maklik dankie. Maar is dit iets wat ons net sê, iets wat net outomaties uitkom sonder dat ons waarde heg aan wat ons sê. Weet ons ooit waarvoor ons dankie sê? Of hoekom?

Ek is dankbaar. Vir werk. Vir ‘n salaris. Dat ek lewe.
Dankie.