Surene, Author at Vat 'n blaaskans / Take a break

IRMA VENTER – Fenominaal
Irma Venter bewus geraak met die lees van haar S-reeks: Skoenlapper (2012), Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017), Sondag (2018) en Sewe-en-veertig (2019).

Tóé reeds het ek met die lees van elke boek gevoel dat sy net beter word hoe meer sy skryf. Wanneer jy dink daar is nie meer ruimte waarin sy nóg beter kan raak nie, begin sy die Ami Prinsloo-reeks: Minder as niks (2021), Die verkeerde vrou (2022), Al wat tel (2024) en Die drie weduwees (2025).

Haar navorsing is ongelooflik volledig en sou daar ŉ foutjie êrens insluip sou die leser haar daarvoor kon vergewe. Maar hierdie leser lees nie om foute te soek nie, nee … ek lees suiwer vir die ontspanning wat dit my bied, asook vir die ontsnapping uit my gewone wêreld. Ami Prinsloo is beslis my gunsteling vroue karakter onder Suid-Afrikaanse misdaadfiksie.

Die drie weduwees is die vierde boek in Venter se Ami-reeks. Ami Prinsloo is ŉ misdaadverslaggewer wat gewoonlik “above and beyond” gaan om te help om die skuldiges aan die pen te ry. Mens wonder soms wanneer haar metodes teen haar gaan begin tel. Haar inligting word nie altyd wettig verkry nie en sy moet baie versigtig wees hóé sy die nuus in haar berigte breek.

Meer oor Die drie weduwees …

Ami het ŉ vriendskap opgebou met die polisiegeneraal, Paul de Jager. Voor sy aftrede was hy een van haar bronne in die polisie, natuurlik eers baie onwillig. Na sy aftrede word hy met alzheimers gediagnoseer. Na sy dood gee hy haar ŉ laaste opdrag: Sy moet met die hulp van sy drie eksvrouens na ŉ stokou onopgeloste saak kyk.

Die drie weduwees – soos hulle genoem word – is niks lus vir die opdrag nie en wil hê dat Ami dit los.

Die saak: In 1998 verdwyn ŉ 15-jarige seun van Pretoria een Sondagoggend op pad kafee toe en niemand kry hom, lewend of dood, nie. Daardie tyd het daar heelwat kinders uit die Moot verdwyn en die polisie het Eberhard Gouws se verdwyning daaraan koppel. Daar was egter geen bewyse daarvoor nie.

Ami besluit om wel met die ondersoek voort te gaan. Tydens haar ondersoek kom sy agter dat Eberhard Gouws se ma nog steeds nie moed verloor het dat haar kind kan huis toe kom nie – ten spyte van die 25 jaar tydsverloop.

En toe verdwyn nog ŉ kind … min of meer in die tyd toe ŉ pedofiel op parool vrygelaat word.

Ami se ondersoek krap al hoe meer raaisels oop en ŉ onverwagte meevaller in ŉ getuie met fisiese bewyse, wat nóg ŉ getuie openbaar, bring Ami al hoe nader aan die oplossing.

Jy sal nie een vervelige oomblik hê met die lees van Die drie weduwees nie. Jy mag dalk – soos ek – die boek proe-proe lees om die lekker langer te laat hou.

Ek het nie die skuldige vermoed nie … nie eens naastenby nie.

Ek het Die drie weduwees op Libby (aanlyn-biblioteek) gelees.

Van Irma se boeke is ook opAmazon Audible beskikbaar, en vyf van haar titels is in Engels vertaal. Lees gerus meer oor Irma Venter op haar webblad. Haar boeke word uitgegee deur Tafelberg, ‘n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.

The post IRMA VENTER – Fenominaal appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Lesersindruk: Saggies ontwaak my hart
Saggies ontwaak my hart deur Magda Schmidt

9781779870339, uitgegee deur LAPA Romanza

Karen is van voornemens om nie in ŉ verhouding betrokke te raak voordat sy heelwat ouer is nie – totdat haar gunstelingneef haar aan George Ferreira voorstel. Na ŉ paar maande wil George hul verhouding verder voer wat indruis teen Karen se sterk beginsels. Intussen ontdek sy ook ŉ sagte plekkie vir Werner, die kreupel ouer student wat op dieselfde perseel in ŉ woonstel woon.

Sy ontdek dat sy en Werner baie meer gemeen het as sy en George. Soos die verhaal vorder, ontdek sy ook al hoe meer verskille tussen George en Werner, wat nie in George se guns tel nie. Sy en Werner deel beide ŉ liefde vir Maria Callas se musiek en die lied “Saggies ontwaak my hart” roer Karen se hart op ŉ vreemde manier.  ŉ Insident wat Karen se veiligheid bedreig laat haar opnuut met nuwe oë na beide mans kyk.

Gaan Karen betyds die verskil tussen verliefdheid en ware liefde ontdek? Gaan ware liefde seëvier?

Saggies ontwaak my hart is geklassifiseer as ŉ moderne Romanza, maar herinner tog sterk aan die meer ernstige liefdesverhale soos die van Ena Murray en haar tydgenote – soos dié wat ek skelm as tiener uit my ma se boekrak gelees het wanneer sy haar Sondagmiddag slapie geniet het.

Dis ŉ lekker-lees liefdesverhaal wat ek beslis aanbeveel.

Saggies ontwaak my hart is te koop by die meeste boekwinkels, aanlyn op www.lapa.co.za, asook by Graffiti Boeke.

The post Lesersindruk: Saggies ontwaak my hart appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

’n Trekker vir twee – ’n lesersindruk
’n Trekker vir twee deur Ilze Beukes

Ansone erf onverwags oom Simon se plaas. Sy is reeds verlief op die plaas met die rondawel, ooptes en berge. Milner, haar nuwe buurman wil graag die plaas koop, maar sy weier, want sy kan nie wag om haar droom om te boer te bewaarheid nie.

Sy kry ŉ onaangename verrassing toe sy op die plaas aankom en sy beland onbepaald op Milner se plaas.  Ansone moet planne maak vir die toekoms om haar plasie winsgewend te maak, want sy wil nie terug stad toe nie. Almal wat sy ontmoet is begeester met haar planne en almal help met idees. Sy verras Milner met haar ondernemingsgees en haar positiwiteit ten spyte van alles wat verkeerd loop.  Gaan Milner van sy planne met die plaas vergeet en haar ondersteun? Gaan die liefde oorwin?

’n Trekker vir twee is ’n heerlike liefdesverhaal, met ‘n goeie skoot positiwiteit van die heldin se kant wat mens sommer laat lekker voel. Lees gerus ook ’n Fiets vir twee (2021) en ’n Motorfiets vir twee (2023) deur dieselfde skrywer.

ISBN 978-1-77987-034-6, Romanza: Plaas

© Surene Esterhuizen

#LAPA #Romanza

The post ’n Trekker vir twee – ’n lesersindruk appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Bloedsomer
indrukkompetisie

NB-Uitgewers/Publishers

Titel: Bloedsomer
Skrywer: Sidney Gilroy
Uitgewer: Human & Rousseau (2024)
ISBN: 9780798184212

Nog lank voordat Bloedsomer op die rak beland, trek sy voorblad onmiddellik my aandag – dis immers in my gunsteling kleur! Ek kon dus nie wag om die boekgesprek in Durbanville by te woon en my getekende kopie in my hand vas te hou nie!

Wie is my gunsteling skrywer/s? Dis eenvoudig – as jy in Afrikaans skryf, is jy my gunsteling. Ek lees redelik wyd oor verskeie genres, maar ek moet erken dat ek ‘n krimi verslaafde is. Natuurlik is dit ook nou so dat ek soos menige ander Suid-Afrikaners met Deon Meyer begin het. Daarna het ek Madelein Rust se boeke gelees vanaf die 13de Kaart tot by die onlangse Siembamba. Nou probeer ek my kloutjies op so veel as moontlik Afrikaanse krimi skrywers se boeke te lê as wat my begroting toelaat.

Wat trek my aan van Sidney Gilroy se boeke? Behalwe dat hy oor kleur- en kultuur grense in ‘n karakter se kop klim, het hy met Bloedsomer so wrintiewaar in ‘n vrou, Petunia Moraleng, se kop geklim. Hoe kry hy dit reg?

Lesers wat Vlam gelees het, sal onthou dat Petunia eintlik, kaptein Petunia Moraleng van Parys, Vrystaat was. Sy was daar in ‘n situasie waar sy eintlik afgedank moes word. Sy het egter gevra, nee gesmeek, vir ‘n oorplasing en degradering. Nou sit sy in Mooibaai, besig om te voet ‘n woonplek te soek en moet rapporteer aan speursersant JP Hendriks, wat op sy beurt weer wonder wat hy met die quitter van die Vrystaat moet doen.

Sidney se boeke word gekenmerk daaraan dat hy sosiale kwessies as ‘n sentrale tema het. Hier word ons gekonfronteer met haweloosheid, maar ook die les geleer dat ten spyte van hulle haweloosheid, haweloses se lewe ook waarde het, dat dit tel.

Hy bring Petunia Moraleng terug as ‘n konstabel, die “under dog” in die storie. Sy het skaars in Mooibaai aangekom, toe die oorskot van twee jong vroue ontdek word en sy as die hoofondersoeker in die raaiselagtige moordsake aangewys word. Soos wat die ondersoek verloop, begin Petunia om weer haar waardigheid stukkie vir stukkie terug te kry.

Tydens die boekgesprek vra iemand Sidney oor hoe hy besluit op die name van sy karakters? Ek wil nie in té veel detail hier ingaan nie, maar bv Albaster se naam dui op die feit dat dit bietjie aandui waar sy vandaan kom en natuurlik die al ewige albaster wat sy altyd by haar het. Natuurlik is ‘n albaster so half niks werd nie en dis amper hoe die samelewing die 18-jarige Albaster as hawelose sien.

Die ondersoek neem ons op ‘n regte “wild goose chase”. Wat het Die Clowns, die matriarg van die Heemstra-familie se testament en ‘n Russiese skeepskaptein met mekaar in gemeen? Hoe word die moorde daaraan gekoppel?

Om agter die kap van hierdie byl te kom, moet jy jouself die guns bewys en jou eie kopie van Bloedsomer aanskaf en begin lees. As jy nog nie ‘n Gilroy-fan is nie, sal jy baie vinnig een word en die eerste reeks ook aanskaf!

Bloedsomer vlieg so vinnig van die rakke af dat dit reeds in tweede druk is. Skaf Bloedsomer aan by Graffiti Books aanlyn en by jou naaste boekwinkel.

© Surene Esterhuizen

The post Bloedsomer appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Siembamba
NB-Uitgewers/Publishers

Titel: Siembamba
Skrywer: Madelein Rust
ISBN: 9780798183765
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R330

Siembamba, mamma se kindjie
Siembamba, mamma se kindjie
Draai sy nek om, gooi hom in die sloot
Trap op sy kop, dan is hy dood

Dis eintlik ongelooflik, hoe mens sommer die wysie en lirieke in jou kop hoor, wanneer jy die woordjie Siembamba lees. Eers wou ek nie die boek lees nie, want ek het gedink aan daardie KykNet reeks waar die kinders so weggeraak het en ek het gevoel ek het nie nou die krag vir dit nie. Intussen, lê en wag Siembamba vir my … uitdagend, vraend en soebat om gelees te word!

Mindie Rocherbrandt, is swanger met haar en haar man, Marius Rocherbrandt IX, se seun Marius X. Sy behoort eintlik stralend gelukkig te wees: sy, arm Mindie Kelly van die verkeerde kant van die spoorlyn, is immers getroud met ‘n ryk advokaat en swanger met hulle eersteling. ‘n Ongesmaaklike gebeurtenis by haar ooievaarstee laat haar finaal besluit om haar man te verlaat sodra haar seun gebore is. Sy kan nie sommer net halsoorkop wegloop nie, die is ‘n ding wat immers beplanning verg.

Paar dae later kom Mindie op haar swanger identiese tweelingsuster se verminkte liggaam af. Wie verniel ‘n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? Wie het Mandelien so erg gehaat?

Mindie begin met haar eie ondersoek na haar suster se dood en volg soveel leidrade soos wat sy kan. Sy vra die ondersoekbeampte, kaptein Jan Vorster, ook vrae en by een geleentheid wat sy hom op kantoor gaan soek sien sy foto’s in sy kantoor wat haar erg ontstel. Sy weet sy kan niks hiervan aan die Kelly-familie vertel nie. Veral nie vir haar broer, Edward, nie. Eddie wat reeds in die tronk was, sal maklik reg in eie hande neem. Sy wil hom nie weer daar gaan besoek nie.

Intussen gebeur iets wat maak dat sy reeds voor Marius X se geboorte die pad vat, en haar lewe is in gevaar. Dis duidelik dat wie ook al die gevaar vir haar is, iets soek, maar sy weet nie wat nie. Die ondersoek na haar suster se dood gaan voort. Wie is die skuldige? Sebastiaan, haar swaer? Barnard, die honde trainer, wat lyk of hy iets wegsteek, maar dis nie vir haar duidelik wat nie? Waarom is haar eie lewe in gevaar?

Die storie beweeg teen ‘n lekker trant met geen vervelige oomblik nie. Inteendeel, as jy nie gaan fokus nie, gaan jy beslis self belangrike leidrade mis. (Ek het sommige met die eerste lees gemis.) Dan lyk die een skuldig, dan daardie een. Gaan jy ook so verras soos ek wees oor wie toe eintlik die skuldige is?

Soos aangedui, is Siembamba ‘n naelbyt-riller en sal jou beslis nuuskierig en aan die raai hou tot reg aan die einde met al die familiesages, aksie en onvoorspelbare intriges.

Siembamba is beskikbaar by Graffiti Books en ander boekwinkels. Wanneer jy vir R500+ bestel by Graffit Books, is jou koerier koste gratis.

As jy nog nie ‘n Madelein Rust aanhanger is nie, kan jy gerus al haar boeke lees. Ek moet nog Doodsengel lees en dis beslis binnekort op my lys.

© Surene Esterhuizen

The post Siembamba appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

#shoot4purpose
Just over 4 weeks I ago I joined the #shoot4purpose initiative in Cape Town. This transformative street photography program was started by three amazing guys: Quaniet Richards, Nawawie Mathews and Shamiel Albertyn. The initiative grew so much that they are now assisted by an advisory council of 5 ladies who have also done the program before. The initiative is sponsored by Fujifilm South Africa and Orms School of Photography.

What is #shoot4purpose all about?

This initiative is a healing process for women who have faced some sort of trauma that they struggle to overcome. The first morning that I arrived I checked every one out. Most of us was a bit reserved, but by the end of Week 3 there was a closeness, a sisterhood amongst everyone. Even a bit of a brotherhood with the guys. On each of the days there was always a visitor or two who joined in with the group. The one day it was Hein, our Fujifilm sponsor, and some guy (can’t remember his name) who has met the organizers before on one of the cohorts and joined in because he supports the cause. Some of the ladies that was part of previous groups, also joined in. A clear sign: once part of a cohort, always part of a cohort!

Does it work?

The amazing thing about #shoot4purpose is that one can see each week how the participants grew in confidence, how they get excited about the photo moments. Even the one who doesn’t do people, actually did quite well . . . with the people in the group. I am amazed by how everyone’s photographic skills has developed over the past 4 weeks . . . and now we are doing our 5th and last week this coming Saturday. I’m already wondering what the heck will I do the Saturday after this one.

What have I learnt this passed few weeks?

Everything is not always what it looks like on the surface.

When I joined the group it was clear that the organizers and advisors are all seemingly from the same / similar cultural background. The amazing thing is . . . in true ubuntu style #shoot4purpose is open to everyone no matter your cultural background.

The only ‘equalizer’ here is that we all are part of #shoot4purpose for a purpose of healing from something. As I looked at each woman in the group and see how they flourished, grown in the past few weeks, I’m sad to think that we will not see each other every week anymore, but I will surely go back to visit #shoot4purpose on one of their cohorts again.

What did we do?

We took photos with the most amazing Fujifilm cameras, sponsored for use by Hein from Fujifilm South Africa. I totally fell in love with Fujifilm cameras, but photography is a really expensive hobby if your not making a living with it.

Oh yes, and we took black and white photos. Something I had to adapt to as I love bright colors. I had to learn to look at things differently and it is amazing how one’s perspective changes when you suddenly look at a black and white world. It is amazing how the whole image changes when you look at it differently, what pops out once you take the distractive brightness away.

Here is a bit of a comparison between color photographs and black and white photographs.

What happened to me?

If you know me well enough, you know that I don’t do photos as I don’t like seeing myself on photos and these past few weeks I had to deal with being on photos that other people took and that it was spread all over social media!! I absolutely HATE photos of myself. I hate what I see. What I can say, though, it surely looks much better in black and white!! 🙂

This coming weekend will be our last Saturday of going out taking pictures in this group – cohort 9. It’s kind of a sad thing, but new friendships have started and I hope that sometime in the future we will all go out on a street photography date again and catch up!

Que Sera, Sera!

The post #shoot4purpose appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

In die naam van liefde
deur Frenette van Wyk, Romanza, LAPA Uitgewers, Feb 2022.

Ek is nie ‘n groot aanhanger van fantasie-verhale nie, maar ek het nou al ‘n hele paar gelees in die laaste paar maand en ek sal dit beslis aan beveel.

Ná tien jaar daag Romain weer op by Kleinroosboom, die plaas waar Fleur met haar stiefma en twee stiefsusters, Danica en Nikita bly. Fleur is steeds verlief op hom, maar Romain wil skynbaar net die magiese bos hê waar Fleur nou al jare bly, en hy is bereid om enigeen van die drie dogters te trou om dit te kry.

Met die hulp van ’n towerstaf wat haar pa lank gelede vir haar gegee het, steek Fleur letterlik ‘n stokkie voor die planne.

Danica en Nikita vlug behoorlik weg van hul oorheersende ma af en beide vind liefde in die proses. Al wat vir Fleur van belang is, is dat sy haar bos behou, en ook haar grootse geheime bewaar. Gaan sy dit regkry en ook Romain se liefde kan wen?

Ek weet nie of die boek nog by boekwinkels beskikbaar is nie, maar dis as eboek beskikbaar, asook op Libby.

The post In die naam van liefde appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Die pad na ware wysheid
Die pad na ware wysheid – 366 Dagstukkies deur Lizette Murray

ISBN 978-0-7963-2309-5 ~ Lux Verbi ~ R290-00

Ek is dol oor kompetisies en wanneer daar een op sosiale media opduik, dan neem ek deel en raai wat? Die keer was ek die gelukkige wenner van Lizette Murray se dagstukkie boek om mens op die ware pad na wysheid te lei.

Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie. Dit vra ŉ leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry. In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.

Elke maand het ‘n tema: Die soeke na ware wysheid, Wysheid – ‘n helder lig, Vat my hand, Ware Noord, Rentmeesters – om maar net ‘n paar te noem.

Nou wonder ek: sal ek nou wag tot Januarie 2024 om met die boek te begin, of sal ek sommer op 1 Oktober 2023 begin? Ek is maar ‘n ongeduldige entjie mens en ek hou nie van wag nie. Ek steel-kyk dus gou so ‘n bietjie …

15 Januarie – Ek bid sommer op my fiets.  Ons almal moet bid. Soms raak ons so besig ons dink ons het nie tyd om stil te sit en te bid nie. Dan bid ons sommer so in die hardloop … ek bid soms in my motor op pad werk toe of wanneer ek die lang pad aandurf na een van my naweek retreats. Dan het ek en my Vader sommer lekker lang gesprekke. Hoekom doen ek dit? Want God is oral en altyd beskikbaar om te luister.

Ek loer nog, maar besluit ek wil nie te veel weggee nie. Dis regtig ‘n ongelooflike boek om in die hande te kry. Oktober is my verjaardag-maand en ek dink ek gaan tog maar daar begin lees.

Wat sê Oktober se voorwoord? Ek haal so ‘n sin of drie aan: Die lewe is ‘n oefenskool. Om voluit te kan leef moet ons paraat wees. Ons moet leer hoe om ontfermend en versoenend te leef. God het sy Heilige Gees gestuur om elke dag saam met ons te stap en saam met Hom die lekkerte van elke tree te ontdek.

Ek is alles behalwe die perfekte mens. Daarom is dit vir my belangrik om na die beste van my vermoë te probeer om ‘n verhouding met my Vader te hê, maar ons is almal menslik – probeer om self ons dinge uit te sorteer en wanneer ons nie slaag nie, dan wil ons na God hardloop en HELP skree. Soms is ons so verwaand (entitled) dat ons dink ons kan sommer vir ander mense ook raad gee.

Ek glo dat Die pad na ware wysheid sal ons mensekinders so ‘n bietjie kan help om wysheid te bekom of ten minste te erken dat ons hulp nodig het om wel wysheid te bekom. Kry joune en ons word saam wys.

Jy kan dit aanlyn bestel of by jou naaste boekwinkel koop.

The post Die pad na ware wysheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Grietjie se loutering deur Bettina Wyngaard
Sommer vroeg in hoofstuk 1 vind ek aanklank met die hoofkarakter, Grietjie en haar “swaar handsak vol net-ingevals”.  (Jy weet, daardie vir net-ingeval jy dit nodig het goed?)

Grietjie Cupido is ‘n weduwee en enkelma van Lienkie en Heinie. Lienkie is die oudste en sy het ‘n goeie werk. Sy is Grietjie se hardekwas-kind met die klein hartjie. Heinie is ‘n talentvolle rugby speler, wat deur ‘n provinsiale span gewerf word. Ten spyte daarvan help hy sonder om te kla in en om die huis. Grietjie se kinders is haar trots.

Sy hou die pot aan die kook deur te “char” in die Grabouw-omgewing. Sy is meestal gelukkig by die mense by wie sy werk, maar Dinsdae by Anastasia du Plessis is ‘n probleem dag. Sy begin haar dag met “Ag, Here, dra my deur hierdie dag. Sit ‘n wag voor my mond, maak elke woord sag en soet. En Here, hou vir Blink Stefaans by sy werk. Amen.” (Hoofstuk 9)

Grietjie en Maggie loop Dinsdae saam. Maggie werk by die huis langs die Du Plessis’s.  Maggie is Grietjie se buurvrou en beste vriendin met die effe los mond , groot hart en ‘n oop hand vir die gemeenskap. “Ek het vemore soe byrie Jirre ingetrie vir djou, Grietjie, lat die Here djou sal bewaar in dai nes. Die Jirre ken ie binneste van my hart oo dai mense.” (Haar Kaapse dialek val beslis beter op die oor as jy dit hardop lees.)

Wanneer ‘n groot tragedie die Cupido-gesin tref, word Grietjie se geloof getoets. Gaan Grietjie kan vergewe? Gaan Grietjie weer kan opstaan en voortgaan? Ten spyte van hoe sy sukkel om die ramp te verwerk sê sy steeds: “Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”

Ek het vroeër vanjaar ‘n boekgesprek tussen Bettina en Jonathan Amid bygewoon oor boek “Lokval”. Die gesprek het my aandag onmiddellik geboei dat ek terwyl ek daar gesit het al Bettina se boeke op Libby gaan soek het. “Lokval” is die vierde boek in haar spanningsreeks oor ‘n bruin, “gay” vroue-speurder, Nicci de Wee, wat moet baklei vir haar plek in die polisie mag. Ek het vanaf 1 Mei tot 27 Mei al haar spanningsboeke in volgorde gelees en ek kan nie wag vir die volgende Nicci de Wee-verhaal nie. Haar spannings-reeks is soos volg:  Vuilspel (2013), Slaafs (2016), Jagter (2019) en Lokval (2023).

Bettina se debuut-boek, “Troos vir die gebrokenes” (2011) gee ons ‘n sonderlinge blik op ‘n plattelandse bruin gemeenskap met sy onvergeetlike karakters wat ten spyte van hulle omstandighede die lewe vierkantig in die oë kyk. “Grietjie se loutering” is op dieselfde manier geskryf om jou ‘n kykie in die lewens van die mense in die gemeenskap te gee.

Al ses boeke verdien 5 sterre vir uitmutende skryfkuns, menslike verhale waar die rasse-aangeleentheid met deernis hanteer is. Ek beveel beslis ‘n iedere en elke boek van Bettina Wyngaard aan as moet-lees boeke.

The post Grietjie se loutering deur Bettina Wyngaard appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Op pad na Moormansgat deur Chris Karsten
Titel: Op pad na Moormansgat
Skrywer: Chris Karsten
Uitgewer: Human & Rousseau, 2022

Ek hou nie van boeke met geskiedenis as tema nie. Ek het geskiedenis letterlik op 33.3% deurgekom … dit interesseer my werklik nie.

Ek het wel groot respek vir mense wat dié tipe kennis het. Hulle kan altyd só interessant gesels en ek moet 99% van die tyd gaan Google of die goed werklik gebeur het en dan hang my mond letterlik oop, want hulle onthóú die goed!! 😉

‘Op pad na Moormansgat’ het onverwags op my lessenaar beland. Die keuse was dus nie myne of ek dit wou lees of nie.

Maar as jy van enige Chris Karsten se ander boeke hou, kan jy gerus hierdie boek aanskaf. Ek glo jy sal nie teleurgesteld wees nie.

Die vertelling strek oor meer as 5 dekades. Die verweefde stories word só vertel dat dit selfs my aandag gehou en my nuuskierigheid bly prikkel het.

Daar is interessante gesegdes wat ek onthou my oupa ook gebruik het. Dit het sommer ‘n lekker skoot nostalgie vir my ingegooi.

Ek wil nie te veel weggee nie, daarom deel ek die sinopsis vanaf die uitgewer se webtuiste hier:

‘Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William (Billy) Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Die roman is ‘n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster se dogter, Helena; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns.

’n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.’

Vandag deel ek nie sterre uit nie, maar ‘Op pad na Moormansgat’ verdien beslis die benoeming as ATKV Woordveertjie finalis in die kategorie ATKV-Prosaprys.

Die feit dat ek hierdie werk wéér vrywilliglik sal lees, sê ook baie meer as ‘n ster toekenning.

The post Op pad na Moormansgat deur Chris Karsten appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Katvis deur Annelie Botes
Penguin Random House SA R300.00 Publikasiedatum: Mei 2023

Te koop by: Takealot / Loot / Exclusive Books / Wordsworth Books / Graffiti Books

Die spreekwoord “haastige hond verbrand sy mond” was nog nooit waarder vir Marja as juis op hierdie tydstip van haar lewe nie.

Ná haar 12 jaar van hel saam met haar narsistiese patologiese leuenaar man, Gerhardus, skei sy hom uiteindelik. Sy doen oor die internet aansoek vir ’n pos as gastehuisbestuurder in die distrik Maclear. Sy besluit om vir niemand te sê waarheen sy gaan nie. Allermins haar ma, wat ontevrede is omdat sy van die skatryk Gerhardus geskei het. Sy vlug weg na ’n plek waar sy die stilte en natuur kan geniet, viool kan speel en haarself net weer vind.

Toe sy op die gasteplaas aankom, is die afgeleë plek en die verwelkoming allermins wat sy verwag het.

Sy is gekatvis! Sy merk elke dag af en wag haar kans af om te probeer ontsnap. Sy kan nie glo dat sy in die hande van ’n psigopaat beland het nie en sy moet die situasie met haar gebrekkige sielkunde kennis benader.

Sy besef die enigste manier om die foltering en aftakeling te oorleef is om haar ontvoerder te laat dink dat sy aan sy kant is, hom begin aanvaar. Haar herinneringe aan haar ma, haar viool en die mense van haar grootword-dorp hou haar staande en laat haar uithou. Onwillig leer ken sy haar ontvoerder en weet waarom hy doen wat hy doen, maar sy wil eintlik niks van hom weet nie.

Die einde is nie heeltemal wat mens verwag het nie, maar die leser aanvaar dit dankbaar saam met Marja, al is dit so stomp afgesluit.

Katvis spreek ’n baie moeilike onderwerp aan en dit sit nie in elke skrywer se broek om dié tameletjie aan te pak nie.

Die skrywer sê in haar skrywersnota dat ten spyte daarvan dat die verhaal lewensgetrou is, is enige ooreenkomste met die werklikheid bloot toevallig. Ek glo egter die skrywer moes intensief navorsing gedoen het hieroor en moontlik ook met iemand gepraat het wat in ’n soortgelyke situasie was.

Op sosiale media het dit lekker gegons oor Katvis. Woorde soos ongeloofwaardig, onaanvaarbare kru taal en so meer is geuiter.

Ongeloofwaardig? Ek wonder of die persone wat dit dink ooit ’n idee het presies wat alles gedek word deur die term ‘katvis’? Dis ’n wrede werklikheid wat bestaan.

Jy kan fisies in ’n Marja-situasie beland of selfs aanlyn ingekatrol word. Lees gerus die skrywer se “Waarskuwings dat jy gekatvis word”. Dit is beslis waardevolle inligting en kan beslis met enige iemand gebeur.

Kru-taal? Lesers kla gedurig hulle intelligensie moet nie onderskat word nie. Die skrywer het met kru-taal sekere karakters getrou aan hulle aard uitgebeeld. As sy dit nie gedoen het nie, sou daar beslis ook kommentaar oor ‘ongeloofwaardige karakters’ gewees het.

Ek het op ’n stadium bietjie navorsing gedoen oor katvissery. Ek het met verskeie vroue en mans gesels wat in so ’n situasie was waar hulle deur mense op afspraak-webtuistes gevang is.

Mense speel op ander se gevoelens en vroue wat eensaam is word bitter maklik gevang. Ek het in die begindae van Covid op die Scrabble-toep met iemand te doen gehad wat gedink het hy kan my met ’n slapriem vang … dit was waarom ek begin het met navorsing oor katvissery wat gelei het tot ’n openbarende drie-deel blog.

Steeds word mense daagliks keer op keer gevang, want net moontlik is die volgende persoon eerlik en die een.

’n Ander vorm van katvis is wanneer mense gevang word met sogenaamde beleggings moontlikhede en hulle word dan uit hulle swaarverdiende geld geswendel. Dis egter hartseer dat dieselfde persoon oor en oor met dieselfde beloftes van rykdom gevang word.

Onrealisties? Ongeloofwaardig? Gaan lees maar gerus eers self meer op oor hierdie tema voordat jy sommer net vir Katvis afskiet.

Ek beveel Katvis beslis aan omdat die tema iets is wat steeds daagliks gebeur. Jy mag dalk net met ’n bietjie meer binne-kennis iemand anders later kan help.

Ek lees wyd in verskeie genres en ek gee Katvis 5 sterre 🌟 vir ’n goeie en gewaagde storielyn.

#sureneleeswyd #penguinrandomhousesouthafrica  #katvis  #anneliebotes

The post Katvis deur Annelie Botes appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

On stage at The Drama Factory
DuPreez Strauss with Dreamland – Starts Thursday!

Piano, children, family, disney, classical music 70mins
Dupreez Strauss

DuPreez Strauss returns home from his last World Tour of Lion King. He will be bringing you your happiest childhood animation feature film music memories – like you’ve bever heard them before.For the last 14 years DuPreez Strauss has been Associate Music Director and Orchestra Conductor of Disney’s “The Lion King” Musical in 8 countries – and counting. This theatre show is officially the most successful work of art in history, in any medium (which means it’s far bigger than any singer or film, ever). For DuPreez the miracle of Disney’s success is that for 100 years now it has changed people’s lives with positive, constructive and healthy content. DREAMLAND is an invitation to the whole family to come and experience your favourite memories in a whole new way with world-class piano interpretations of the best feature film music ever, and DuPreez’s captivating retelling of his personal experiences with these musical works of art. ‘Musically stunning’ – Chris Avant-Smith (Naledi Judge)  ‘…astounding piano playing’ – Andre’ Schwartz (award winning musician)  ‘Glorious magic’ – Jason Aarons (Journalist) ‘Enchanting’ – Volksblad (Media 24)  ‘Strauss combines skill, passion & sincerity’ – Bruce Denhill (Critic and Music Awards Judge)

Thu 31st Aug 7:30pm • Fri 1st Sep 7:30pm • Sat 2nd Sep 3pm • Sun 3rd Sep 4pm • Thu 7th Sep 7:30pm • Fri 8th Sep 7:30pm • Sat 9th Sep 3pm • Sun 10th Sep 4pm

http://www.thedramafactory.co.za

10 Comprop Sq, Henry Vos Close, Asla Business Park, Strand, Cape Town
073.215.2290

The post On stage at The Drama Factory appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Op die planke by “The Drama Factory”
Beste Afrikaans komedie met Klinklaar Woensdag aand.

Wilma en Jasmyn is twee televisie sjefs en glanspersoonlikhede. Albei is legendes van die bedryf, maar hul sterre is aan die verskiet. In ‘n poging om hul loopbane ‘n hupstoot te gee het hul agente ‘n briljante plan, laat hul saam ‘n kookprogram aanbied. Enigste probleem, hul haat mekaar, maar hul haat hul tanende gewildheid selfs meer, so waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en in die geval twee ystere wille, en een smalle weg. Cameron, die regisseur, is die een in die spervuur as die divas se geveinsde gemoedelikheid begin verdwyn soos die program vorder.

Comedy 60mins
Susanne Beyers, Marinda Engelbrecht en Deon Lotz, met regie deur Gaerin Hauptfleisch. Die teks is deur Ferdinand Bekker.

http://www.thedramafactory.co.za

10 Comprop Sq, Henry Vos Close, Asla Business Park, Strand, Cape Town
073.215.2290

The post Op die planke by “The Drama Factory” appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Plaaskombuisverlange
deur Nico Moolman 14/02/2005

Ek weet nie wie Nico Moolman is nie, maar ek het die aangehegte gekry by ‘n VLV oggend en die nostalgie loop dik na Mamma se kombuis en heerlike geregte en gebak wat sy kon optower.

Die Murasie staan grafsteen op die Ouplaas se werf.

Klitsgras strooi confetti wat die weeskinders erf.

‘n Dwarrel soek blare, maar dis jare te laat.

Net die aalwyn probeer om te groei sonder maat.

Kom maar in, daar is melktert en boontjiesop.

Bakoond brood met botter en makataan jêm op.

Lemoenstroop vir die kinders,

Vir die oues gemmerbier.

Kom nader kombuis toe, die stoof het nog vuur.

Uit die stiltes van skadu’s fluister perskekonfyt.

Koue koffieverlange onthou droë beskuit.

‘n Bondeltjie waaigras verdwaal waar dit lê

Dis so al of die noodlot dit onhoorbaar wil sê:

Kom maar in, daar is soesies,

Sjoe-sjoes met stroop.

Sjoklit koek met icing wat jy nêrens kan koop,

Varsgebrande koffie, souskluitjies met kaneel.

Roly-poly poeding en skuimpies te deel.

Hoe lank gelede is vaag en irrelevant.

Wat tel is die era van my grootjie genant.

Ou albums, stories, briewe van my ma.

Die antwoorde raai ek, al is daar nog vrae.

Kom maar in, stap deur kombuis toe,

Daar is heelwat te proe.

Kom binne, jy’s nog welkom hier.

Kom nader, kombuis toe, die stoof het nog vuur!!

Foto: Appel en murgpampoenkonfyt – interessante kombinasie wat heerlik proe

Foto krediet: Surene Esterhuizen

The post Plaaskombuisverlange appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Andy Rooney’s thoughts on women over 40!
Andy Rooney’s thoughts on women over forty, Do you agree with him?

As I grow in age, I value women who are over forty most of all. Here are just a few reasons why: A woman over forty will never wake you in the middle of the night to ask, “What are you thinking?” She doesn’t care what you think.

If a woman over forty doesn’t want to watch the game, she doesn’t sit around whining about it. She does something she wants to do. And, it’s usually something more interesting.

A woman over forty knows herself well enough to be assured in who she is, what she is, what she wants and from whom. Few women past the age of forty give a hoot what you might think about her or what she’s doing.

Women over forty are dignified. They seldom have a screaming match with you at the opera or in the middle of an expensive restaurant. Of course, if you deserve it, they won’t hesitate to shoot you, if they think they can get away with it.

Older women are generous with praise, often undeserved. They know what it’s like to be unappreciated.

A woman over forty has the self-assurance to introduce you to her women friends. A younger woman with a man will often ignore even her best friend because she doesn’t trust the guy with other women. Women over forty couldn’t care less if you’re attracted to her friends because she knows her friends won’t betray her.

Women get psychic as they age. You never have to confess your sins to a woman over forty. They always know.

A woman over forty looks good wearing bright red lipstick. This is not true of younger women. Once you get past a wrinkle or two, a woman over forty is far sexier than her younger counterpart.

Older women are forthright and honest. They’ll tell you right off if you are a jerk, if you are acting like one! You don’t ever have to wonder where you stand with her.

Yes, we praise women over forty for a multitude of reasons. Unfortunately, it’s not reciprocal. For every stunning, smart, well-coiffed hot woman of forty-plus, there is a bald, paunchy relic in yellow pants making a fool of himself with some twenty-two-year-old waitress.

Ladies, I apologize. For all those men who say, “Why buy the cow when you can get the milk for free,” here’s an update for you. Now 80 percent of women are against marriage, why? Because women realize it’s not worth buying an entire pig, just to get a little sausage.

Photo credit: The world wide web

Andrew Aitken Rooney (January 14, 1919 – November 4, 2011) was an American radio and television writer who was best known for his weekly broadcast “A Few Minutes with Andy Rooney”, a part of the CBS News program 60 Minutes from 1978 to 2011. His final regular appearance on 60 Minutes aired on October 2, 2011; he died a month later at the age of 92.

The post Andy Rooney’s thoughts on women over 40! appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Salemstraat deur Erla Diedericks
Hóé goed ken jy jou bure?  Kén jy hulle regtig?

Dis soos enige straat in enige voorstad van Kaapstad … getroude paartjies met of sonder kinders, dalk ’n huisvroutjie of twee, een wat ’n salon van die huis af bedryf en dan natuurlik om alles net ’n bietjie spice te gee: die seksbom … die een wat deur byna elke vrou in die straat beny word … óf vir haar lyf óf vir haar onafhanklikheid!

Twee skote klap in die stil oggendure! Die skok-nuus: Emilee het haar man, ML geskiet! Was dit ’n beplande moord? Was dit selfverdediging? Skielik loop die stories oor die oënskynlik gelukkige paartjie. Het ML rondgeloop? Het hy Emilee geslaan? Stefaans glo natuurlik glad nie dat ML ooit sy hand vir Emilee sou lig nie. Die Russiese seksbom met wie ML ’n verhouding gehad het, het op hulle laaste aand saam vir die eerste keer ML se humeur ervaar … en sy wonder?

Die inwoners van Salemstraat is in twee kampe: vír Emilee en téén Emilee. Dié wie die merke op Emilee se lyf gesien het, het simpatie met haar. Die manne wat saam met ML gekuier het, kan nie glo dat hy Emilee sou slaan nie. Al het hy ‘n voorliefde gehad vir rowwe pornografie wat hy graag vir die manne aangestuur het op WhatsApp en wat hulle self vinnig van hulle fone afgevee het. Emilee voel bedreig deur die oud weermagman, Stefaans. (Ek self was lus om hom ’n klap of twee te gee!)

Een van die eerste persone op die toneel is Riaan, die joernalis. Hy het suburbs toe getrek vir ’n rustiger lewe en wat kry hy? Die voorblad scoop van sy lewe op sy nuwe voorstoep!

Wat is die waarheid? Daar is Liz, die prokureur met die voorliefde vir sake waaraan niemand anders wil raak nie, en Ann, die afgetrede psigiater, wat agter die waarheid probeer kom. Hoe dieper hulle grawe, hoe meer geraamtes tuimel uit die kaste en hulle vind uit dat die verlede nie noodwendig iets is wat in die verlede bly nie.

Die einde het ’n onverwagse twist en dáárvoor, liewe leser, moet jy jou kopie van Salemstraat, uitgegee deur LAPA Uitgewers, aanlyn bestel by Graffiti Boeke. Anders vra jou naaste boekwinkel om joune vir jou te bestel.

Hoe vergelyk Salemstraat met Dominique en Die Bewonderaar?  Net soos die eerste twee boeke, is dit uitstekend geskryf. Ek sal egter twee keer dink voordat ek Salemstraat ook as ‘n riller klassifiseer soos die eerste twee boeke. Salemstraat is vir my meer ‘n mystery as ‘n riller. My nuuskierigheid om agter die kap van die byl te kom is baie meer geprikkel as wat ek ‘n angstigheid ervaar het soos bv met Die Bewonderaar.

Ek gee Salemstraat 5 sterre. Dit lees maklik, geen vervelige dele wat jy wil oorslaan nie en my nuuskierigheid was geprikkel tot op die einde.

The post Salemstraat deur Erla Diedericks appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Waar my Vader is
Mense vra altyd waarom ek ~ wat maar eintlik ‘n stadskind grootgeword het ~ wil platteland toe. Dis waar ek Vader se teenwoordigheid langs my voel wanneer ek stap op die stofpaaie tussen plase of deur ‘n dorp. Dis waar ek Sy stem hoor in die geruis van die wind deur die bome se blare of in die rollende branders. Waar Vader deur ‘n wit veer op die strand sommer net vir my sê: Ek is hier!

Dis waar die sterre op hulle helderste skyn en nader voel. Dis waar die ruimte van die veld my hart met vreugde vul! Dis waar die voëls se gekwetter in die bome helderder is … veral vroegoggend. Dis waar ek die goggatjies in die sand van die stofpad sien, die nuwe blaartjies wat sommer so tussen êrens en nêrens uit kom en moedig deurbeur waar dit eintlik nie behoort te groei nie. ‘n Veer êrens op die sand! U is in elke sonopkoms, maar veral is U in elke sonsondergang, my gunstelingtyd van die dag saam met U.

Dis waar ek méér bewus is van ‘n goddelike teenwoordigheid in hierdie wêreld van ons. Dis waar ek kan werk en dit voel nie soos werk nie. Dis waar dieselfde 24 uur langer voel as in die stad. Dis waar daardie selfde 24 uur voel of ek baie meer tyd het en meer gedoen kry.

Ek wéét Vader het vir my ‘n plekkie êrens op die platteland, want Hy het dit beloof. Ek wag nog ~ nie so geduldig nie ~ om te hoor presies waar. Vader, U ken die versugtinge van my hart beter as ek self. U weet ook … ongeduld maak dat ek nuuskierig gewonder oor die volgende hoofstuk van my lewe. U is ook die enigste Een wat weet hoeveel tyd daar vir my is. Ek bid dat U die droom wat U in my hart gelê het, sal waar maak.  U is die enigste Waarmaker van drome. My gunsteling song is nie verniet Way Maker nie.

The post Waar my Vader is appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

as die kruis kon praat
as die kruis kon praat – © Surene Esterhuizen

ek sit met ‘n droom in my hart
om weer in Israel se strate in U voetspore te loop
om weer deur die tuin van Getsemané te stap
en te weet U voete het hier geloop
Here, dit was ongelooflik
om eeue later te weet: U was ook hiér
hier in die tuin van Getsemané
het U my ook gewys dat ek
verlos sal word van die
wêreldse dinge wat my gevange hou

om weer ‘n bootvaart te beleef
op die See van Galilea
en te weet: hiér het U die storm stilgemaak
soos U ook die storms in my hart stilmaak

om weer die Vallei van Ela te besoek
en te besef U is groter as
die Goliats in my lewe
my 5 klippies lê op my rakkie
om my te herinner

U, my Vader, is groter as groot

om weer die bad van Betesda te sien
en te weet U maak bemoeienis
met my, want hier het U vir my
‘n persoonlike boodskap gegee

om weer in die Wildernis van Judea
te staan, oor die woestyn te kyk
en te weet: hiér was U deur Satan versoek
en Here, hier het ek ‘n streep
in die sand getrek en gesê:
tot hier toe en nie verder nie

om weer Pilatus se verhoorsaal te besoek
en te besef: hier was U onskuldig verhoor,
gevange gehou, vasgebind, sonder kos en water
alleen . . . in ‘n donker diep gat

om weer in Israel op Golgota af te kyk
te weet hier het u aan ‘n kruis gehang
met die besef dat U dáár U
laaste asem uitgeblaas het … vir mý
as die kruis kon praat
sou ek besef dat dit nie
net ek is wat soms van
God verlate voel nie

sou ons hoor hoe U vra
my God, my God, waarom het U my verlaat?

as die kruis kon praat
sou ek my kop
in skaamte laat sak
soos die dag toe ek
U om vergifnis gesmeek het
en my hart onherroeplik aan U gegee het

as die kruis kon praat
sou ek weer hoor: jou skuld,
my kind, is vol betaal

© Surene Esterhuizen

The post as die kruis kon praat appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Ken jy ‘n draakvrug?
Ek weet nie van jou nie, maar ek ken dit as dragonfuit.

Waar in die wêreld kom ek nou aan ‘n draakvrug? In my soektog na ysterryke groente en vrugte het my pad met die van die draakvrug gekruis.

‘n Draakvrug is ‘n eksotiese vrug van verskeie spesies kaktusse. Die vrug is helderpienk met skubbe – die stekelrige skubbe het aanleiding gegee tot die naam: draakvrug.

Dit is inheems aan Sentraal- en Suid-Amerika, maar word ook in Asië en Noord-Australië verbou. Mens kry dit ook in Suid-Afrika te koop – ten duurste. Dit word in verskeie streke in Suid-Afrika verbou, Natalse Middelande, Kusstreke van KwaZulu Natal, Laeveld area vanaf Nelspruit tot Tzaneen, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die grootste nuwe plantasies in Suid-Afrika is rondom Dendrom en Louis Trichardt in die Limpopo Provinsie.

Die draakvrug is nogals duur en verkoop tans vir so tussen R50 en R60 per kg.

Gebruike van die draakvrug

Dit word maklik afgeskil en die vrug kan vars, in slaaie en “smoothies” geëet word. Die vrug word ook geprosesseer in ‘n droë vrugte rol, vrugte stafies, roomys, konfyt, sap, as ‘n pulp en ook in joghurt.

Hoe om ‘n draakvrug te eet

Gesondheidswaarde van die draakvrug

Die draakvrug is hoog in vitamiene C and ander anti-oxidante en is dus baie goed vir die immuunstelsel. Dit kan beslis ook jou ystervlakke ‘n goeie “boost” gee. Yster is ongelooflik belangrik om suurstof deur jou liggaam te vervoer en om jou energie te gee. Die draakvrug is ryk aan yster. Die feit dat die draakvrug ook ryk is aan vitamiene C beteken dat die yster makliker deur jou liggaam absorbeer word.

Hoekom is die draakvrug so duur?

Dit is ‘n duur vrug omdat dit tropies is en dus nie in baie dele van die wêreld verbou word nie. Die meerderheid van die draakvrug word in Vietnam, Malaisië, Thailand en Mexico verbou.

Wanneer kan jy nié draakvrug eet nie?

Indien jy op medikasie is vir diabetes kan jy nie draakvrug eet nie. Die draakvrug verlaag jou bloedsuiker. Om dus draakvrug te eet saam met jou medikasie, kan jou bloedsuiker te laag laat raak.

Interessante smaak

Ek hou nogals van die smaak van die draakvrug wat ‘n kombinasie is tussen peer en kiwi vrug. En die bonus – dis ysterryk en dus baie goed vir ‘n mens.

PS:  As jy kronies moeg raak, laat gerus jou hemoglobien check.  ✔

The post Ken jy ‘n draakvrug? appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Moenie die dooswyn vergeet nie!
Gisteraand woon ek die boekbekendstelling by van die nuutste boek, Marinda kook met blikkies en
pakkies, van die kleurvolle en flambojante Marinda Engelbrecht. Ons is heerlik vermaak deur hierdie
kleuryke vrou en haar ongelooflike humorsin en die lyn wat ons die hardste laat lag het was: Moenie
die dooswyn vergeet nie!!! Duidelik val dooswyn as ‘n kookwyn onder blikkies en pakkies.

Die gesprek word gelei deur een van Marinda se hartsmense, Ingrid Jones, en Ingrid vra lekker vrae
sodat vrae-tyd na die tyd amper-amper oorbodig is. Ek deel ‘n paar van die vrae wat ek interessant
gevind het.

Almal luister aandagtig

IJ: Jy het verwag hier gaan 10 mense wees en nou is hier ‘n 100? Hoekom dink jy kom mense?
ME: Ek dink hulle kom luister na my, want hulle kan nie kook nie. Saam met loadshedding is dit
seker die beste manier kos te maak.

IJ: Ek kyk nou een van jou vorige boeke: Maklik met Marinda. Dink jy dat mense boeke te
gekompliseerd maak en dat joune verkoop omdat dit so maklik is?
ME: Ek is nie op die A-list van publieke figure nie. Hoekom nie? Want my mark is die man in die
straat: die man wat by Checkers en ander kettingwinkels koop, die man wat Huisgenoot en die Kuier
tydskrif lees en wat saam met my in die Vallei rondloop. My aspirasie is nooit om gesofistikeerde kos
met produkte te skep wat jy by Takealot moet bestel nie. My produkte waarmee ek kook moet
beskikbaar wees in jou kas en maklik verkrygbaar by die plaaslike supermark. Ek dink my boeke is
toeganklik vir die deursnee massa-mark wat kook en eet soos normale mense.

Marinda & Surene

IJ: Hoe het jy besluit wat gaan hier in jou boek wees?
ME: Wat die boek interessant maak dink ek, is … normaalweg het jy ‘n boek met voorgeregte,
hoofgeregte en nageregte (en by the way daar agter staan ‘n nagereg: Hasiepoep. Het julle al
hasiepoep geeeet? Lekker, ne?) Ek het nie ‘n boek met daardie indeling gemaak nie. Ek het dit so
gemaak dat as jy jou kas oopmaak en sien jy het baked beans, dan gaan jy en kyk wat kan ek maak
met die blikkie in my kas, bv. Baked beans, kondensmelk, ens.

IJ: Wat moet ek koop of aanhou om my spens vol te hou met die basiese goed wat mens nodig
het?
ME: Voor in die boek is ‘n hoofstuk waar ek aanbeveel wat die basiese goed is wat jy moet
aanhou in jou spens.

“Mense het ook die idee dat blikkies en pakkies is vaal kos. Ek het spesifiek die boek gemaak om te
wys dat blikkies en pakkies kan fleurig wees en dat jy vir iemand ‘n mossel sop voorsit – vir van die
grandste mense.” – Marinda Engelbrecht

Reeds nr 1 by Exclusive books

IJ: In die beplanning van jou boek, het jy gaan kyk na hierdie goed soos MSG, gluten en al daai
goeters?
ME: Glad nie. Nee, dit was vir my glad belangrik nie, want die meeste geblikte voedsel het dit nie
in nie. Ek dink die meeste mense lees nooit wat op hulle pakkie staan nie. Die goed wat in ‘n blikkie
in is, kan ek jou waarborg is net so gesond soos vars produkte. Wanneer daar goed soos voedsel
kleursel bykom soos jellie, koeldrank, lekkers ens dan moet jy jou labels lees.

Marinda teken boeke

“Mense vra gewoonlik hoe skryf ek ‘n resep? Ek vat letterlik bv ‘n blikkie tamatiesmoor uit die kas. Dan kyk ek nou vir haar so. Dan dink ek wat gaan ek nou met jou maak? Ek dink drie-dimensioneel en sien hoe dit sou lyk as dit klaar is en dan skryf ek die resep met wat ek dink daar in moet wees. Ek kan al in my kop dink hoe dit kan proe. Ek erken nou vanaand: ek het al resepte geskryf wat ek nog nooit gemaak het nie. My resepte gaan na iemand toe wat dit alles uittoets en ek proe tot ek dink dit proe reg. Elke resep in my boek is duidelik geproe en beproef.” – Marinda Engelbrecht

IJ: Blikkies en pakkies – kook jy met wyn? Want dan moet dooswyn hier in kom.
ME: In die Voorwoord staan daar duidelik: Moenie van dooswyn vergeet nie. Weet julle, mense trek hulle neus op vir dooswyn, maar na die tweede glas proe alles dieselfde. Ek kook graag met wyn. Die grootste fout wat mense maak as dat hulle nie die wyn laat uitkook nie. Daai alkohol, sterk wyn smaak moet uitkook. By the way, ouens, die lekkerste oxtail wat ek al gemaak het, was met ‘n bottel Old Brown Sherry, wat ek van die begin af ingegooi het. Dus, gaan groot met dooswyn!

Toe Ingrid haar vra of sy dink die pad na ‘n man se hart loop deur sy ma, sê sy onomwonde: “Is jy mal? Dis veel laer!”

Dit was ‘n heerlike aand gevul met humor en lag wat mens moeilik op papier kan uitdruk. Mens moes maar self daar gewees het om die samehorigheid en die atmosfeer te kon beleef.  There is just
no words to make you feel what I felt last night!!

Marinda kook met blikkies en pakkies is die ideale boek vir studente en mense wat kampeer. Al haar
resepte kan op ‘n stoof, en ook in ‘n mikrogolf of airfryer gemaak word.
Die wonderboek is uitgegee deur NB Uitgewers en soos Marinda Engelbrecht tereg sê: hulle is haar
mense en sy wil haar boek by niemand anders uitgee nie!!

Marinda kook met blikkies en pakkies (ISBN 9780798182966) is te koop by: Exclusive Books en Bargain Books, asook aanlyn by Takealot en Loot.
Dankie aan NB Uitgewers en Exclusive Books Tygervallei vir die uitnodiging na Marinda kook met blikkies
en pakkies se bekendstelling.

Foto krediete: Eben Pienaar, Bemarking, NB Uitgewers

The post Moenie die dooswyn vergeet nie! appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.