deur Surene Esterhuizen
Dankie, Jehovah El Roi, U is my God wat my sien. Ek is nie alleen in die wêreld nie. U is altyd aan my sy. My dankbaarheid het geen grense wanneer ek besef dat al voel ek alleen, dat God altyd van alles bewus is nie. Hoekom gaan dit soms met my sleg? Waarom kry ek nie vrede nie? Want ek vra Hom nie om my by te staan nie.
Wat wil ek vandag vir jou sê: Hy is El Roi! Hy sien jou wanneer niemand anders jou raaksien nie. Dankie, Pappa-God!