Die lewe is te kort vir bollie!

Wanneer die dood letterlik ‘n draai op jou voorstoep kom maak en onverklaarbare dinge met jouself gebeur besef jy: heng, maar die lewe is kort! Veral as jy nog ‘n langlys van dingetjies het wat jy graag wil doen en nog wil leer.

Ek wil nog graag Zanzibar toe gaan om ‘n week lank op daardie beautiful eiland te gaan bly en snorkel (Colin & Sean wil gaan marlyn vang). Ek wil nog op ‘n rooi bus in London ry (oor laasgenoemde droom ek al vandat ek 19 is). En dan Parys … om bo op die Eifelltoring te kan staan. Straat kunstenaars se werke te kan bewonder.En nog vele meer …

O ja, ek wil ook nog leer om met polymer clay te werk. Ek wil nog my motorfiets lisensie kry en sal seker van vooraf weer moet leer ry (het 20 jaar laas gery). En ‘n motorbike kry wat net die regte hoogte is sodat my trappers darem op die grond kan raak … het mos agter in die ry gestaan toe lengte uitgedeel is. Miskien moet ek die motorfiets storie eers op ys sit … met die wat my balans dan nou nie so lekker wil wees nie.

Ek wil graag ‘n huisie by die see hê en elke naweek daar gaan afpak en rus vir my siel hê, gaan battery charge en  … Eintlik wil ek graag op ‘n kusdorpie woon en werk, weg uit die gejaag van die stad. WOW!! Sal dit nou nie awesome wees nie? Dalk moet ek begin soek …

Ek wil nog graag een jaar deel neem aan ‘n Kersmark (weet net nog nie wat ek wil uistal nie). Beading is uit soos soet koekies in die wees – was die week by die Wintermark en daar is meer beaded goed as iets anders. Ek wil ook graag nog self ‘n mark reël … een wat regtig egtig net uit craft goed bestaan. Hierdie “made in China” items op ‘n Craft mark doen dit nou regtig nie vir my nie. Miskien sal ek lapverf goed maak en uistal. Ek moet net iemand kry om die naaimasjien te operate … ek haat dit!!!

Wat het geword van Suid-Afrika se kreatiewe mense? Is ons te besig om elke dag te survive dat ons nie meer tyd maak vir onsself nie. Joyce Meyer het gesê: “Don’t put yourself at the end of the list of whom you do things for. If you don’t take care of yourself, you won’t be able to take care of anyone else either.”  En dit is ons Mammas mos maar alte geneig om te doen!!!  

Die hartseer deel is … ons kinders leer nie meer om regtig kreatief te wees nie. Doen meisies nog naaldwerk op skool? Doen seuns nog houtwerk op skool? Wat kan hierdie kinders doen die dag as hulle klaar is met skool en ‘n werkie is hulle nie beskore nie? As jy kreatief is, kan jy darem nog oulike goed maak om te verkoop, maar as jy niks kan doen nie …

Ek wil ook graag ‘n kreatiewe groep begin waar ek ander mense kan leer om goed te maak. Veral minderbevoorregtes wat dan hierdie skill kan gebruik om nuttige geskenke te maak wat hulle kan verkoop. Of hulle leer naaldwerk doen …

En ek wil begin klavier speel …

Oh sucks, ek sal die Lotto moet wen … there is just too many things, and too little budget. O ja, ek wil baie baie baie baie baie graag ‘n klein hoewe hê (Sean wil weet wat’s fout met ‘n groot hoewe) waar ek venues kan hê vir kinder partytjies, grootmens partytjies en ‘n ateljee waar ek mense kan leer van kreatiewe goed. O ja, ek wil ‘n klein intieme, teater ook bou wat so 100 – 150 mense kan seat en waar ‘n mens die heerlikste musicals, drama en kinder teater goed kan opvoer …. Kan ek nie maar net die Lotto nommers droom nie?

En as ek terugdink was my achievements maar min. As ek kyk oor sommige ander mense se lewens dan wonder ek waar kry hulle al die tyd vandaan om te werk, te leef en te reis en al hulle drome te bewaarheid.

So, let’s go out there and LIVE! Don’t waste time … Live now, love now!

Life really is just too short ….