Een ding is verseker … as jy my geduld wil beproef, moet jy my voor ʼn rekenaar sit wat lol of my internet werk nie behoorlik nie!! Dis twee van ʼn paar dinge wat my my humeur totally laat verloor! Daar is niks so frustrerend in hierdie lewe wanneer jy deadlines het en jou goed werk nie reg nie. En dan kan ek nie eens met my PC na my foon of tablet connect om ten minste net ʼn e-pos te kan stuur nie!!
Eintlik het die lollery al so twee weke gelede begin … toe boeke wat ek moet kontroleer nie wil oopmaak in die nodige programme op my PC nie. Dit werk wel op my skootrekenaar, waarvan die skerm die helfte van die grootte van die PC s’n is. I mean, really!! Dis intensiewe kontrolering en mens kan nie bekostig om simpel foute te maak nie! En dit neem dus twee maal langer om dieselfde werk op my PC te doen, wat ook beteken dat ek minder doen op die oomblik! Nou kom ek op ʼn punt waar alles wat ek kontroleer het, voltooi is en die foute in ʼn dokument gecopy en paste, en nou wil ek ten minste daardie deel van die dokument op my PC gaan doen. Net om agter te kom, skielik wil niks, maar niks oopmaak op die rekenaar nie. Maak nie saak watter roete ek wil volg om by my leggers uit te kom nie, niks wil werk nie. Ek is so gefrustreerd dat ek kan voel of ek die PC kan optel en deur die venster smyt. Al wat my daarvan weerhou het, was al die waardevolle inligting wat daarop is!
Nou gesels ek met die een en met daai een om te probeer vasstel wat dalk die probleem kan veroorsaak … dit wil so half en half voor kom asof dit dalk kan wees dat die PC se hardeskyf (wat maar baie antiek is) dalk te vol is en dus verhoed dat ek kan doen wat ek moet doen. Nou reken ek vroeër vandag dat ek sommer gou-gou ʼn rugsteun sal doen van die PC en dan alles behalwe programme afhaal en dan kyk of als dan reg sal werk. En in my silliness vergeet ek totally dat ek mos nie die flippen goed kan oopmaak nie!!! Dus sal ek nie eens die goed kan copy en paste na die external hard drive toe nie!!
Intussen, terwyl ek aan dié skriffel op my skootrekenaar werk (wat al wéér ver oor die 300 woorde vir ʼn blog is), is die PC besig om ʼn System image te create na my external hard drive toe. Van wat ek kon sien, lyk dit of dit werklik die hele (antieke klein size hard drive) gaan copy. Ai, ek hoop so. Dan kom die groter challenge – om daai klomp files daar af te kry, sodat ek kan kyk of ek die programme weer oop kan kry.
Ai, die challenges van tegnologie! Hoe slimmer die mense raak met tegnologie en ons ons werkies in die cloud kan bêre, hoe meer challenging raak dit eintlik. Mens kan nogal nostalgies raak oor 30 jaar gelede toe mens al jou werk met die hand gedoen het en my enigste tegnologie ʼn Olivetti tikmasjien was waarop ek tjeks moes tik!!
Ek sal maar op ʼn ander dag oor Helkom en my non-existent, peperduur internet skryf, want ek het al amper dubbel die toelaatbare aantal woorde geskryf.
Een ligpunt aan die einde van hierdie stikdonder tonnel – fibre is blykbaar in Bellville, en baie vinnig op pad na Oakdale. 😊