It takes a village to raise a child

deur Ben Gibbons

Ek share hierdie vandag in Bennie (dis soos ek hom leer ken het) se eie woorde, want dis wat uit sy ♡ uit kom. Geen korreksies, niks, want dit gaan die hart van wat hy sê verander. Trots op die jongman wat sê wat hy wil wanneer nodig.

‘it takes a village to raise a child’

hierdie tattoo is my ‘homage’ aan julle. die mense wie gehelp het as ek val,maar die ekstra myl geloop het, my geleer het hoe om self op te staan en af te stof. om ‘n man te wees is meer a geslagsdele en ‘n harde houding. dis respek vir jouself, sodat jy respek het vir ander. om sterk genoeg te wees om hulp te vra wanneer jy swak is. dat jy nooit jou geluk op ander se ongeluk moet bou nie.

ek is nog nie oud -met al die wysheid en kennis wat ek wil hê nie -maar die bietjie wat ek reeds my hande op kon kry is goud. as mens dankie sê voel dit nie naby genoeg nie, die tattoo is nie ‘n dankie nie, dis ‘n belofte. ek belowe ek gaan nog baie foute maak en vir raad kom vra, dat ek miskien nie van die raad sal hou nie, maar altyd weet dit kom van ‘n plek van liefde. ek belowe om altyd my beste te probeer om die man te word op wie julle kan trots wees. ek belowe om nóóít te vergeet wat julle vir my beteken nie.

‘you’re the village that helped to raise this child.’