deur Didi Cooke
Die vraag aan my is nou gevra: waaroor is ek dankbaar? In die lig van die onderwerp is mens geneig om te kyk na wat mens nie het nie en dan daarop te fokus. Wat baie mense nie weet nie … ek het vir jare gestruggle met negatiwiteit. Die struggle is party dae nog steeds real, maar daardie tyd was dit baie erg.
Op ʼn stadium in my lewe het ek ʼn baie diep pad met die Here gestap. Ek het na baie van Joyce Meyer se preke gekyk en daar was heelwat oor negatiwiteit. Ek het al die quotes oor positiwiteit gaan neerskryf, dit gelamineer en elke dag daardeur gewerk en dan vir myself gesê ek wil nie ʼn negatiewe mens wees nie en die Here gevra om my te help om my te verander. Help me to keep going on.
Vandag kan ek sê, Dankie Here, dat ek nie meer is waar ek was nie, en dat ek weet dat ek eendag die eindproduk wat Hy vir my ingedagte het, in volle maat sal sien.