Dag 4 – 125 dae van dankbaarheid

deur Leoné Mostert

Om iets oor dankbaarheid te skryf, kom nie altyd maklik vir my nie. Sommige mense is pessimisties gebore en groot was my verbasing toe ʼn laerskool juffrou aan my uitgewys het dat ek eintlik ʼn baie negatiewe mens is. She was not wrong. Op ʼn dag scroll ek so deur Facebook en sien ʼn meme oor “dankbaarheid” wat my laat giggel het:

I am thankful for my legs.
They are always there to support me.
I am thankful for my arms.
They have always been by my side.
And lastly, I am thankful for my fingers.
I could always count on them.
 

So jy sien, mens sien dalk nie elke dag die silwer randjie om die donker wolk nie, maar daar is altyd iets om voor dankbaar te wees – veral wanneer dit iets is wat jou vir ʼn oomblik laat glimlag het.