deur Nicolene van der Mescht
Daardie sagte soentjies op my wang …
Fluister in my oor: Ek is baie lief vir jou, mamma!
Nat-bekkie soene van my baba dogtertjie, okay sy is amper nie meer ʼn baba nie, maar steeds my baba! Dis als wat my hartsnare roer!
Wanneer ek by die werk is dan verlang ek my dood na my kindertjies. Ek kyk dan net na die paar kort video’s van hulle en my hart raak warm. Ek’s bitter dankbaar vir tegnologie.
Ek’s dankbaar vir video call opsies sodat wanneer die verlange te erg raak ek hulle pragtige gesiggies kan sien.
Wanneer jy ʼn werkende mamma is, word daar verwag jy moet werk asof jy nie kinders het nie, en wanneer jy by die huis is, dan moet jy weer daar wees so asof jy nie ʼn werk het nie. 100% altyd jou alles gee! Afskakel van jou ander deel, maar …
Ek’s dankbaar vir my werk!
Ek’s dankbaar vir my huis!
Ek’s dankbaar vir my pragtige man en kinders!