Dag 6 – 125 dae van dankbaarheid

deur Reneé Smit

Dankbaarheid is wanneer ek in die aand in die yskoue in my bed klim en happy voel omdat ek warm kry en warm kan slaap terwyl ek lê en luister na die reën druppels wat op die dak plons … En weet ek kan nie nat raak nie … En ek kan die natuur beleef met al sy dinge sonder dat die elemente my aan my lyf affekteer.

Dankbaarheid is wanneer ek opstaan en kan aantrek en werk toe kan gaan, wetende dat ek ʼn werk het terwyl ander struggle. Dankbaar om in ʼn kar te kan ry met vier wiele wat my geen probleme gee nie en my veilig by my kantoor bring.

Dankbaarheid is vir my baie dinge en gee gestalte aan baie gevoelens op verskillende tye, maar dis waarvoor ek dankbaar is vandag.

Maar dankbaarheid is niks as jy dit nie vorentoe betaal nie … Eish direk vertaal … Paying it forward, want uit dankbaarheid groei ʼn diens aan ander, ʼn natuurlike uitvloeisel van om uit ʼn plek van dankbaarheid iemand anders te help. Dit hoef nie geld te wees nie. Dit kan jou tyd, jou energie, selfs net jou oor wees. Om nie net te ontvang nie maar ook te gee. Dis ʼn genade en ʼn seën …