Dag 11 – 125 dae van dankbaarheid

deur Leoné Mostert

Vandag is ek dankbaar vir iemand se eerlikheid. Deesdae is die lewe vol weird en fake mense en soms weet ek nie meer wanneer iemand opreg is nie.

So, wat gebeur het is die volgende: ek het ’n haar afspraak gemaak…vir ’n perm. I kid you not, ek wil my hare laat perm. Lang storiekort, is dat ek vreeslike krul hare het wat net bos en deurmekaar lyk. Ek mik nou vir Hollywood krulle. Vroeg in Maart is ek gediagnoseer met ’n ernstige longinfeksie. Ses maande se behandeling sou op my wag.

Min het ek geweet hoe ernstig die behandeling my hare sou opneuk. Vanoggend kyk die stilis so na my kop en vra: “Op wat se medikasie is jy?” Sy het dit dadelik raakgesien en gesê dat enige chemiese behandeling my letterlik sonder ’n haar op my kop sou laat. Sy kon ’n vinnige R600 uit my gemaak het deur nie eerlik te wees nie.

Haar woorde slaan my toe tussen die oë, want dis presies die gedagte wat gisteraand deur my kop gemaal het: “Ek verloor eerder ‘n kliënt omdat ek eerlik is, as wat ek niks sê nie en dan in elk geval met ’n teleurgestelde kliënt sit wat nooit weer sal terug kom nie.”

Dis nou presies dit. I would rather be hated for my honesty, than to be loved for pretending to be someone that I am not.

Wees dankbaar vir die eerlike mense wat jy teëkom. Hulle is die real deal.