deur Nicolene van der Mescht
Ek is dankbaar vir Oom Piet se sonneblomme.
Oooooohhh ek kan die mooi aanskou sonder dat ek dit in stand hoef te hou.
Hul groei so mooi hoog, laat my dink aan Liewe Heksie se tuin.
Wanneer ek daarna kyk dan word ek rustig in my binneste! Die Liewe Heer se skepping laat mens se monde oophang!
Ek het nie groen vingers nie, kan amper nie eers ’n vet plantjie aan die lewe hou nie.
Ek is dankbaar vir mense wat blomme water sodat hul kan groei. Sommige mense soos my skoonpa kan klippe water gee dan groei dit ook.
So het ons elkeen sy of haar sterkpunte.
Ek is dankbaar vir Oom Piet se sonneblomme.
Ek is dankbaar vir ons reën.
Ek is dankbaar vir my skoonpa.
Ek is dankbaar vir stories van Liewe Heksie wat ek met my kinders kan deel.