Dag 27 – 125 dae van dankbaarheid

deur Marinda van Wyk

Ek is ewig dankbaar vir julle vroue, sussies in Jesus, hartsvriendinne, geesgenote in Christus, omgee vriendinne, met wie ek my kan vereenselwig, mee kan identitifiseer, en wie met my kan identitifiseer.

Gister was daar onverwags ‘n plekkie vir my by ‘n dag retreat, en dadelik het my suster my gekontak: kom saam.  ‘n Vriendin het beaam, vergeet van alles, kom net, nog ‘n vriendin het gepor: ons hou plek vir jou. En alhoewel ek uiteindelik op die teendeel besluit het, is daar ‘n warmte in my hart vanaand. Dankie Jesus vir vriendinne, bloedsusters, sussies in Jesus, geesgenote wat my wil deel maak van iets groters as onsself. Nog meer, wat my daar wil hê, en my laat voel ek is nie ‘n niks en ‘n niemand nie. My hart klop met ‘n diepe dankbaarheid dat ons hier  is om mekaar te dra, te ondersteun, te boost, en om te gee. En dankbaar dat ek deel daarvan kan wees!