Skinder… Skinner… Gossip … deur Leone Mostert

Mense love ’n lekker stukkie skinderstorie. Skinder. Skinner. Gossip. Hoe meer detail, hoe beter. Hoe meer vieslik of kommin, nóg beter. Dis asof daar ʼn golf van lekkerkry oor iemand se brein spoel wanneer hulle hulself betrek by ʼn lekker skinderstorie. Hul oë beginne glinster soos ʼn weeshuis kind wat Toy Kingdom toe gevat word. Dis ʼn regte “o, my f*k”-ervaring.
Die gevaar van ʼn skinderstorie is dat almal ʼn ou ietsie wil bylas. Kom ons maak die storie meer elaborate en meer juicy. Niemand besit die vermoë om ʼn skinderstorie sonder ʼn bietjie ekstra drama oor te vertel nie. Dis wat skinder skinder maak. Jy weet iets wat iemand anders nie weet nie. Jy vertel dit op so ʼn manier aan iemand dat hul belangstelling daarin geprikkel word. Jy wíl hoor: “O hene, wat ʼn skande!”
As iemand vir jou sê: “Man, ek gaan jou nou iets vertel, maar jy sê vir NIEMAND nie”, hol flippen dadelik weg. Hulle wil hê jy moet dit oorvertel. Dis waarskynlik ook ʼn stront storie, want as iets common knowledge is, hoekom dit dan nie oorvertel nie? Die geheimsinnigheid agter ʼn storie gee elke storieverteller in die verhaal die geleentheid om die storie baie meer aanloklik vir die volgende persoon te laat klink. Dit is ook uiters vernederend vir die persoon oor wie daar geskinder word. Dis soos om in die beskuldigde bank te moet sit, maar jy mag nie in die hof wees nie. Geen kans vir ʼn regverdige verhoor nie. Jy is rééds gejudge. And that is EFF’D up, my broers en susters. Net nog ʼn los gedagte: Het jý gedink oor daardie skinderbek? Wat vertel hy of sy later van jou?
Daar is NIKS positief omtrent ʼn skinderstorie nie. Nothing good ever comes of it. Beslis nie vir die persoon van wie daar gepraat word nie, want jy het nie ʼn clue wat werklik in daardie persoon se lewe aangaan nie en hulle het nie n clue dat iemand wat hulle vertrou het, nie te vertroue is. Actually flippen sad!! Ook nie vir jou wat die storie oordra nie, want jy laat jouself soos tannie Stienie lyk – jý kort net die krullers en die sigaret. Onthou, mense is ook gou om te sê dat hulle dit eintlik by sus en so gehoor het. And wham, daar lyk jy ook soos ʼn moroon.
As jy hou van ʼn lekker storie, doen die volgende:
  • Noseweek is ʼn great tydskrif en daar word openlik oor VREK baie skandes geskryf. Regte, egte, ware skandes waarvan die publiek behoort te weet.
  • Martin Steyn se boeke is fiktief, maar die storielyn gaan jou lank intrigued Dit gaan voel jy belééf daai storie. Wat is beter as dit? Of Broken And Betrayed oor die Inge Lotz moord. Dáái hele storie is HEC-TIC!
  • ʼn Skinderstorietjie hou ook nie verewig nie. Hel, jy moet heeltyd op jou voete dink oor wat jy nou moet uithaal wat boring is en wat jy moet bysit wat juicy Skinder is HARDE werk, want jy moet boonop nog onthou wat jy by gelieg het om dit interessanter te maak en massively tiring en dan skielik stop dit … want niemand hou eintlik van werk nie. Moenie jou werklading onnodig vir jouself meer maak nie.
  • Lees maak jou slim! It broadens your horizon! Almal hou van iemand wat goeie algemene kennis het. Die res word as vlak poppies wat te veel wyn drink uitgemaak – ʼn klomp doffels wat skaars twee behoorlike sinne aanmekaar kan sit. Moenie ʼn dom doffel wees nie. Homo Erectus is deur genoeg stront gewees sodat die bestes en slimste kon oorleef voor Homo Sapiens begin feature!  Don’t disappoint our damn ancestors.
  • As jy nie mooi na jou breinselle omsien nie raai ek jou aan om nie voort te plant nie. Slegs die beste gene op daai oomblik word gekies. Indien daar net ʼn klomp swak gene tot beskikking is, plant ons skielik ʼn nasie van urke voort. We don’t want that. Onder geen omstandighede nie, ASSEBLIEF. Die mensdom – ʼn redelike deel daarvan – is dan nou alreeds vertraag.
All in all, vir al die mense met tiener mentaliteite wat onwaar, vieslike, kommin en ABSURDE stories aandra, I would like to remind you of the following: 
Intelligent people discuss ideas. Small minded people discuss people. In mooi Afrikaans: intelligente mense praat oor idees en konsepte. Dinge wat saak maak en ʼn werklike inpak op hul lewens het en hoe hulle ʼn verskil in die wêreld kan maak. Onintelligente DOFFELS gesels oor ander mense se doen en late. How fricking boring are you really? Konfronteer iemand oor iets. As jy nie kan nie, ek het ʼn paar balle (groter as meeste mans s’n) om in jou rigting te gooi. Ek deel hulle graag.
Fluit-fluit. My moerigheid is uit. ✌✌✌
Leone

Omroeper, Blogger, Moerige Mamma.

FYI: Nie alles wat ek skryf is uit eie ervaring of whatever nie. Enige iemand mag ʼn opinie hê. As jy hierdie lees en dit personal wil maak, daardie is jóú probleem en jy kan maar daardie skoen aantrek. 😀 Moet my net nie met skoene begin gooi nie … as dit funky en cool is, gaan jy dit dalk net nie terugkry nie!