Dag 13 – 125 dae van dankbaarheid

deur Marinda van Wyk

Die Bybel sê: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van ons verwag. (1 Tes 5:18)

Vandag is ek dankbaar vir dinge wat mens soms so vanselfsprekend aanneem, daardie dinge wat jou eers ontneem moet word voor jy regtig dit waardeer.
Ek is dankbaar vir elke nag van soete slaap, dat ek kan sien en hoor en ruik en proe. Dankbaar vir vier ledemate waarmee ek kan stap en werk, dankbaar vir 10 vingers – net een buite aksie laat jou onbeholpe!
Ek is dankbaar vir ’n huis, ’n motor en dat ek nie saans honger hoef te gaan slaap nie.
En, laaste maar nie die minste nie, is ek dankbaar vir vroue soos julle in my lewe wat my herinner wat dankbaarheid is!