deur Didi Cooke
Ek is dankbaar. Ek is ʼn mens met baie foute, oneindig baie foute. Ek hier sit ek vandag deur die Here se genade. My dankbaarheid is teenoor Hom wat in beheer is van alles.
Ek is ʼn nietige stukkie stof op aarde in vergelyking met Sy grootheid. En tog het Hy my gespaar. Hy het die pyn die verlede vir my iets mooi kom maak. Hy het die dinge in die lewe wat ek nie gehad het nie, het Hy vir my dubbeld kom gee. Dit wat ek verloor het, het Hy dubbeld kom teruggee.
Ek het ʼn pragtige huis waarvoor ek baie, baie dankbaar is. Ek kan eet, ek kan vir my ʼn tjoklit gaan koop – net wat ek wil. Alles wat ek het is net genade. Hy seën my man se hande werk en Hy seën ons om ander te kan help. Dis vir my meer werd as al die goud in die wêreld – dis vir my lekker. Wat help dit jy het, maar jy help nie ander nie? Dis lekker vir my om ander te help, om ʼn deel van dit wat die Here ons mee bless terug te gee vir ander mense.
Dit is my grootste gedeelte van dankbaarheid, alhoewel ek elke dag loop ek dink ek verdien nie die Here se genade en liefde nie. Tog gee Hy vir my genade – soos daardie ou kredietkaart advertensie: It’s priceless. Die Here se genade is vir my priceless!