deur Reneé Smit
Soms is daar net nie veel meer wat mens kan sê as dit nie: Ek is dankbaar die week is verby! Dankie tog vir Vrydagaande waar jy die soet en sout sweet van die week met seep van jou kan afwas en net jou voete kan lig en rustig raak. Dankie vir bietjie later lê en net jouself wees. Dankie vir jou maatjies wat jou ondersteun en deur die week gedra het. Net ‘n diep sug van verligting. Dankie. Net dit.
Die einde.