dankbaar Archives - Vat 'n blaaskans / Take a break

Dag 72 – 125 dae van dankbaarheid
deur Reneé Smit

Dankbaarheid – dit bly ‘n woord gevul met soveel diepte. ‘n Woord wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. ‘n Woord wat maklik gesê word, maar soms min oor gedink word.

Soms wanneer ek wakker word is ek soooo moeg dat ek my kop net onder die komberse wil indruk… En dan wil ek net wees… En dan onthou ek: ek het ‘n bed om in te slaap en ‘n werk waarnatoe ek kan gaan. En dan is ek dankbaar. Ek is bevoorreg om te kan werk. Ek is bevoorreg om ‘n salaris te kan verdien. Ek is bevoorreg om my skuld elke maand te kan betaal en te kan kos koop terwyl ander nie kan nie…

Dankie… Ons sê so maklik dankie. Maar is dit iets wat ons net sê, iets wat net outomaties uitkom sonder dat ons waarde heg aan wat ons sê. Weet ons ooit waarvoor ons dankie sê? Of hoekom?

Ek is dankbaar. Vir werk. Vir ‘n salaris. Dat ek lewe.
Dankie.

The post Dag 72 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 71 – 125 dae van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

Op 8 September 2020 het ek baie entoesiasties my eerste skriffel gedeel oor dankbaarheid … saam met ses ander dames. Ek het gedink dit gaan maklik wees as elkeen van ons slegs een keer ‘n week ietsie gaan deel waarvoor ons dankbaar is en dat ons dan sommer tjoef-tjaf op 10 Januarie 2021 ons 125ste skriffel sou deel.

Ek wou na die 125 dae vir ons sewe die skriffels in ‘n boekie gebind het om dan as ‘n herinnering saam met ons te dra, maar helaas, dis nie só maklik nie! Life happened! Dis hartseer om te dink dat te midde van al die goedheid en guns wat God in ons lewens gee, ons nie eens een keer in 7 dae iets het waarvoor ons “dankie” kan sê nie.  Dan wonder ons soms waarom dit so sleg gaan met ons, waarom daar dinge gebeur waarvoor ons nie gevra het nie. Maar terwyl ons nie ons dankbaarheid kan verwoord en deel nie, hoe kan God ons meer gee? Hoe kan Hy ons meer gee, as ons vir die bietjie van elke dag nie eens kan dankie sê nie?

Sjoe, Vader, het vanoggend hard geslaan toe hy deur middel van ‘n WhatsApp vanoggend vir my ‘n boodskappie stuur: Celebrate every win, no matter how small!

Waarvoor is ek dus dankbaar op dag 71? Ek is dankbaar vir elke klein dingetjie in my lewe wat my dag lekker maak. Ek is dankbaar vir my hond wat soggens vir my met ‘n nat bek kom môre sê. Ek is dankbaar vir my mense!! Ek is dankbaar vir my kind wat alles raaksien wat ek vir hom doen … al sê hy dit nie wanneer ek wil hê hy moet nie, maar wel wanneer ek gedink het hy sien dit nie! Ek is dankbaar vir vriende wat my liefhet, ongeag die feit dat ek soms lekker screwed up is. Ek is dankbaar vir die mees onwaarskynlike vriendskap in my lewe – jy weet wie jy is, want ons gesels elke dag. Ek is dankbaar vir vriende wat onvoorwaardelike vergifnis teenoor my uitgespreek het, toe ek dit glad nie verdien het nie. Ek is dankbaar dat hulle voorbeeld my nou deur ‘n situasie help om presies net só op te tree, want dis wat Jesus sou doen.

Ek is boweal dankbaar vir my Vader, my Voorsiener, wat my liefhet ongeag die feit dat ek ‘n sondaar is en steeds elke dag foute maak. Ek is dankbaar dat Vader elke dag met my bemoeienis maak! U is my alles!!

The post Dag 71 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 46 – 125 dae van dankbaarheid
deur Reneé Smit

Soms is daar net nie veel meer wat mens kan sê as dit nie: Ek is dankbaar die week is verby! Dankie tog vir Vrydagaande waar jy die soet en sout sweet van die week met seep van jou kan afwas en net jou voete kan lig en rustig raak. Dankie vir bietjie later lê en net jouself wees. Dankie vir jou maatjies wat jou ondersteun en deur die week gedra het. Net ‘n diep sug van verligting. Dankie. Net dit.
Die einde.

The post Dag 46 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 45 – 125 dae van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

Dis ‘n baie moeilike bietjie meer as twee weke wat verby is, maar vandag wil ek DANKIE, VADER sê  vir my ondersteuningsnetwerk wat Vader my gegee het!

Sonder dít sou ek gevou het! DANKIE dat ek dit steeds het, want die moeilike tyd is nog nie verby nie, maar met U krag kán ek!!

The post Dag 45 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 44 – 125 dae van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

My 50ste verjaardag het ek vir myself heel anders voorgestel! Believe it or not … ek het actually daarna uitgesien om 50 te word. Nie hieroor of qdaaroor nie, maar omdat ek ‘n gesonde lewe kan vier! Omdat dit vandag ‘n voorreg is om ouer te word.

Ek het nie gedink dat ek vandag my Boeta van 21 jaar moet groet nie. Ek het regtig gedink dat Vader ons gehelp het om hom betyds te kry omdat hy nog ‘n getuienis sou hê om uit te leef. Maar Vader het ander planne gehad. Tussen al die gebid deur vir herstel, het ek ook gebid dat Chris ‘n buitengewone ontmoeting met ons Hemelse Pappa sou hê en dat hy gered is. Ek weet nog nie of dit so is nie, maar ek glo dat Vader my nog ‘n antwoord sal gee daarop.

Ek het te midde van al die hartseer darem nie ‘n slegte dag gehad nie. Ek is lekker bederf deur my kollegas … my eerste aankoop vir my reis na Israel en Frankryk gee hulle vir my. Mandia het spesiale moeite gedoen om vir my sonneblomme te kry … my gunsteling blomme! En my geskenksakkie het die Eiffel toring op – keeping the dream alive!

Ek het die amazingste boodskappe op WhatsApp en Facebook gekry – met die wonderlikste seëninge wat oor my en my lewe vorentoe uitgespreek is. Sjoe, dankie, ek voel blessed!

Vandag sê ek DANKIE!!! DANKIE vir ongelooflike mense in my lewe wat my ondersteun en my arms hoog hou!!  Ek het lanklaas in my lewe alleen of afgesonder van mense gevoel, want my ondersteuningsnetwerk is sterker as meeste mense wat ek ken s’n. DANKIE JESUS, vir al hierdie wonderlike mense wat U oor my pad gebring het.

50 – Ek het die laaste paar jaar net exist, myself in my kind opgeleef! Maar Dee sê: Life begins at 50!

Ons almal kry net een lewe! Laat ons dit behoorlik leef! Let’s live life!

Keeping the dream alive!

The post Dag 44 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 40 – 125 dae van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

Dankie Jesus vir my wonderlike seun, Sean Lee. U het my beyond measure geseën die dag toe U hom vir my gegee het.

Ek is so trots om sy ma te mag wees. Dankie dat U my met hom vertrou het. Mag hy altyd ‘n blessing vir my bly en mag hy al daardie profesieë wat al oor hom uitgespreek is almal uitleef! Aan U al die eer!

Sean … my ♡klop

The post Dag 40 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 30 – 125 dae van dankbaarheid
deur Nicolene van der Mescht

La di da!

Vanoggend sing ek, my hart jubel en juig. Al slaap ek eintlik nog, ek sal my hart oortuig dat ek dankbaar is!

My oë is nog toe, die seisoen wat verander kan ek in my liggaam voel. Elkeen in my huis se slaap patrone verander sommer saam met die seisoen!

Ek dink my voëltjies in Goodwood is gebreek … hul begin dan al drie uur in die oggend te sing!?
Nee, laat hul vir my ‘n voorbeeld wees! Daars altyd iets om oor dankbaar te wees.

Dis net die Here wat ons tyd bepaal, Hy maak ons wakker elke oggend. ‘n Splinternuwe dag vol van nuwe hoop en genade van Hom.

Vandag is ek dankbaar vir oggend vars sonstrale. En die lied in my hart. Ek’s dankbaar vir die wysheid wat die Here my gee opnuut elke dag.

The post Dag 30 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 28 – 125 dae van dankbaarheid
deur Leoné Mostert

Ah. Vandag is ek dankbaar vir my werk. Ek het hier in die middel van die hard lockdown besluit om my eie besigheid te laat registreer.
Eerstens, is ek dankbaar vir my Pa wat jare gelede ’n beslotekorporasie vir my eenkant gehou het, sodat ek iets daarmee kon doen as ek sou wou. Mens kry mos nie meer BK’s nie, tensy jy een besit van way back. Vir regsdoeleindes, is ’n BK ’n heerlike ding om te hê.
Wat ek doen vir ’n lewe is complicated en ek gaan jou verveel as ek nou daaroor moet skryf, maar ek doen dit al amper 10 jaar vir my ouers se besigheid. Ek het net gevoel die tyd is nou reg om hierdie ding voluit te vat. Lockdown het my oorgenoeg tyd gegee om die ding heeltemal aanmekaar te slaan op die regte manier. En daar gebeur dit. Die besigheid kry kliënte. Die werk begin in stroom.
Ek is so dankbaar dat ek van die huis kan werk en steeds alles kan doen vir my dogtertjie. Om vir jouself te werk beteken dat jy baie selfdissipline moet hê, want dis maklik om dinge vir ’n ander dag te los. Ek is dankbaar vir die toegewydheid wat iewers in my ingeprent is as kind. Ek is verskriklik dankbaar vir Heini wat die website ontwerp en verfyn het en die besigheid super proffesioneel laat lyk. Ook is ek dankbaar dat hy my elke dag met alles uithelp. Ek is dankbaar vir elke persoon wat die besigheid help bemark het, want word of mouth is maar die beste manier.
Ek is eintlik net só dankbaar dat ek ’n werk het! Iets wat ek baie lank begeer het, waarvan ek ontneem was, maar nou die geleentheid het om volstoom ’n sukses van my lewe te maak en daardie voorbeeld vir my dogtertjie te stel … net soos my ouers dit vir my gedoen het.

The post Dag 28 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 27 – 125 dae van dankbaarheid
deur Marinda van Wyk

Ek is ewig dankbaar vir julle vroue, sussies in Jesus, hartsvriendinne, geesgenote in Christus, omgee vriendinne, met wie ek my kan vereenselwig, mee kan identitifiseer, en wie met my kan identitifiseer.

Gister was daar onverwags ‘n plekkie vir my by ‘n dag retreat, en dadelik het my suster my gekontak: kom saam.  ‘n Vriendin het beaam, vergeet van alles, kom net, nog ‘n vriendin het gepor: ons hou plek vir jou. En alhoewel ek uiteindelik op die teendeel besluit het, is daar ‘n warmte in my hart vanaand. Dankie Jesus vir vriendinne, bloedsusters, sussies in Jesus, geesgenote wat my wil deel maak van iets groters as onsself. Nog meer, wat my daar wil hê, en my laat voel ek is nie ‘n niks en ‘n niemand nie. My hart klop met ‘n diepe dankbaarheid dat ons hier  is om mekaar te dra, te ondersteun, te boost, en om te gee. En dankbaar dat ek deel daarvan kan wees!

The post Dag 27 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 26 – 125 dae van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

Dis vandag dag 191 sedert inperking begin het. Ek is so dankbaar dat al kan ons nie ons jaarlikse naweek retreat hou nie, kan ons wel vandag ’n dag retreat hê saam met ons sussies, bekend en onbekend!

Vandag mis ek ’n hele paar dames hier, maar ek GLO dat volgende jaar dié tyd hou ons weer ’n volle naweek retreat.

Dankie, Jesus, vir vandag
… ‘n stilword-tyd aan U voete.

The post Dag 26 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 23 – 125 dae van dankbaarheid
deur Leoné Mostert

Vandag is ek dankbaar vir my geloof. Ek sit nie elke Sondag voor in die kerk nie. Ek is nie iemand wat Jesus voor en agter nie, want ek het in ‘n gemeente grootgeword waar dáárdie mense die ergste mense was. Goeie voorbeeld: die oom wat voor Sondagskool voor in die kerk gestaan en vir ons gesing het “dit borrel in my, want ek is so bly…” het sy vrou mishandel en geslaan en sy het hom morsdood-vrek geskiet een Sondag voor kerk. Verstaan jy nou waar ek vandaan kom? Dit het duidelik in haar ook geborrel. Nes ek baie dae borrel. Soos Mentos in ‘n bottel Coke.
Anyway. Ek staan steeds sterk in my geloof, op ‘n manier baie anders as baie mense (en ook ‘n groot gedeelte van my familie) tot baie mense se frustrasie. Dit pla my nie meer nie. Lankal nie.
Ek is dankbaar vir die verhouding wat ek en my Here het, want baie dae bid ek hardop: “Here, U ken my. U het my geskape. Gee my asseblief vandag geduld en nie krag nie, anders maak ek iemand dood”. Not for real okay. My Here ken my en my Here het ook baie beslis ‘n sin vir humor, anders was ek nie wie ek vandag is nie.

The post Dag 23 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 20 – 125 dae van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

Vandag is ek dankbaar dat ek ‘n heerlike naweek van rus agter die rug het en dat ek heerlik kon kuier saam met vriende wat op dieselfde golf lengte as ek is. Kobus wat ons vier vrouens vermaak met die heerlikste staaltjies van hulle reise van hoe hulle verdwaal tot hoe Vader ingryp! WOW oomblikke.  Onbevange gelag van Annalize en Marinda, ek en Marietha wat soms meer gelag het omdat die ander twee lag. Die ongelooflike retreat gevoel.

Ek is dankbaar dat ek kon stilraak in die natuur en die klein dingetjies soos rysmiertjies en skilpaaie kon raaksien.

Foto’s: Surene Esterhuizen

‘n Naweek is egter net-net te kort

The post Dag 20 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 19 – 125 dae van dankbaarheid
deur Leoné Mostert

Op die 16de September sit en heeldag angstig en wag vir my doktersafspraak. Man, jy kon met my toor. Ek was bitter nervous.

Ek scroll vir die 300ste keer deur Facebook en
Instagram en woeps, lui my foon. “Carley”. Carley? Hoekom bel sy my?
Ons het jare laas gesels en mekaar nog meer jare laas gesien. Carley is ’n
goeie skoolvriendin van my. Na skool het ons baie dae en aande gekuier en
feitlik alles saam gedoen. Nadat ek Kaap toe getrek het, het ons effe kontak
verloor. Mens beweeg mos in verskillende fases van ’n mens se lewe en ja, life happens. Ek het ’n mamma van’ n
dogtertjie geword en sy die mamma van twee pugs. Haar eie ma is ook intussen
oorlede en die lewe het draaie met beide van ons gestap. Feit bly staan, Carley
was nog altyd ’n goeie vriendin van my en sou altyd wees al gesels ons nie elke
dag nie.

Hoekom bel sy my? Net omdat sy al die vorige naweek
aan my begin dink het en toe nou nie vir my uit haar gedagtes kon kry nie en my
eenvoudig móés bel. Wow. Op daardie oomblik was dit vir my só lekker en ek het
so dankbaar gevoel, want ek het daardie oproep van my ou tjomma eintlik nodig
gehad. Sy het nie eers ’n idee wat my oorgekom het nie, maar sy het dit in haar
gevoel om my te bel en dit het my hart warm laat voel.

My kringetjie is klein. My vriendelikheid is
spotgoedkoop, maar my vriendskap peperduur. Dankie, Carley, dat jy my op
daardie spesifieke oomblik van daardie spesifiek dag gebel het. I needed to hear your voice. Ek is
dankbaar vir elke liewe een van my vriendinne, want ek weet al gesels ons vir
jare nie, we will pick up right where we
left off. Ultimately is dit wat
vriendskap mos nou moet wees, of hoe?

The post Dag 19 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 17 – 125 dae van dankbaarheid
deur Didi Cooke

Ek is dankbaar.
Ek is ŉ mens met baie foute, oneindig baie foute. Ek hier sit ek vandag deur
die Here se genade. My dankbaarheid is teenoor Hom wat in beheer is van alles.

Ek is ŉ nietige
stukkie stof op aarde in vergelyking met Sy grootheid. En tog het Hy my
gespaar. Hy het die pyn die verlede vir my iets mooi kom maak. Hy het die dinge
in die lewe wat ek nie gehad het nie, het Hy vir my dubbeld kom gee. Dit wat ek
verloor het, het Hy dubbeld kom teruggee.

Ek het ŉ pragtige
huis waarvoor ek baie, baie dankbaar is. Ek kan eet, ek kan vir my ŉ tjoklit
gaan koop – net wat ek wil. Alles wat ek het is net genade. Hy seën my man se
hande werk en Hy seën ons om ander te kan help. Dis vir my meer werd as al die
goud in die wêreld – dis vir my lekker. Wat help dit jy het, maar jy help nie
ander nie? Dis lekker vir my om ander te help, om ŉ deel van dit wat die Here
ons mee bless terug te gee vir ander
mense.

Dit is my
grootste gedeelte van dankbaarheid, alhoewel ek elke dag loop ek dink ek
verdien nie die Here se genade en liefde nie. Tog gee Hy vir my genade – soos
daardie ou kredietkaart advertensie: It’s
priceless. Die Here se genade is vir my priceless!

The post Dag 17 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 15 – 125 dae van dankbaarheid
deur Leoné Mostert

Weet jy wat is dankbaar? The real deal, diep dankbaar? Vandag ervaar ek dit in soveel oorvloed dat ek eintlik voel asof ek afblaas. Asof die berg wat op my skouers was, weg is. So dankbaar is ek, dat ek eintlik net wil tjank.

Na my diagnose met my long storie vroeër hierdie jaar,
was ek baie ontsteld. Ek was bang en ek was so siek soos ’n hond. Ek sal eendag
nog die hele verhaal vertel. Die spesialis het aan my verduidelik dat ek op hectic medikasie sal moet gaan vir ten
minste ses maande. Dit was my idee van die hel. Dit was amper erger as die
siekte self.

Hier sit ek vandag, ses maande later. Die dokter het
gemik dat ek 80% longfunksie sal hê. Dit sou die ultimate prys wees na behandeling, maar tot almal se verbasing het
ek 117% longfunksie (longkapasiteit if
you will)! Ek voel of ek die flippen Lotto gewen het!

Ja, daar is permanente skade aan my longe en op die
plate lyk dit freaky, maar ek is
genees. Heeltemal. Totaal en al. My longe was in ’n oorlog, maar daar is nie ’n
enkele verdere teken van die nare siekte self nie.

Ek is dankbaar vir elke liewe persoon se ondersteuning,
hulp en moed inpraat. As ek name moet begin noem, gaan hierdie skriffel lank
raak. Bo alles, dankie liewe Heer vir U ongelooflike genade en helende hand en
dat ek betyds gehelp kon word. Anders sou ek nie nou hier kon sit en tik nie,
maar daisies gepush het.

Dankie, dankie, dankie vir tweede kanse, liewe Vader
en dat U vir my ’n fighting spirit
gegee het. Dis die derde keer wat ek en die dood tango, maar ek oorwin elke
keer.

My
work here, is clearly not done.

The post Dag 15 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 13 – 125 dae van dankbaarheid
deur Marinda van Wyk

Die Bybel sê: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van ons verwag. (1 Tes 5:18)

Vandag is ek dankbaar vir dinge wat mens soms so vanselfsprekend aanneem, daardie dinge wat jou eers ontneem moet word voor jy regtig dit waardeer.
Ek is dankbaar vir elke nag van soete slaap, dat ek kan sien en hoor en ruik en proe. Dankbaar vir vier ledemate waarmee ek kan stap en werk, dankbaar vir 10 vingers – net een buite aksie laat jou onbeholpe!
Ek is dankbaar vir ’n huis, ’n motor en dat ek nie saans honger hoef te gaan slaap nie.
En, laaste maar nie die minste nie, is ek dankbaar vir vroue soos julle in my lewe wat my herinner wat dankbaarheid is!

The post Dag 13 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 12 – 125 dae van dankbaarheid
deur Nicolene van der Mescht

Ek is dankbaar vir Oom Piet se sonneblomme.

Oooooohhh ek kan die
mooi aanskou sonder dat ek dit in stand hoef te hou.

Hul groei so mooi hoog,
laat my dink aan Liewe Heksie se tuin.

Wanneer ek daarna kyk dan
word ek rustig in my binneste! Die Liewe Heer se skepping laat mens se monde
oophang!

Ek het nie groen vingers nie, kan amper nie eers ’n vet plantjie aan die lewe hou nie.

Ek is dankbaar vir mense
wat blomme water sodat hul kan groei. Sommige mense soos my skoonpa kan klippe
water gee dan groei dit ook.

So het ons elkeen sy
of haar sterkpunte.

Ek is dankbaar vir Oom
Piet se sonneblomme.

Ek is dankbaar vir ons
reën.

Ek is dankbaar vir my
skoonpa.

Ek is dankbaar vir
stories van Liewe Heksie wat ek met my kinders kan deel.

The post Dag 12 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 11 – 125 dae van dankbaarheid
deur Leoné Mostert

Vandag is ek dankbaar vir iemand se eerlikheid. Deesdae is die lewe vol weird en fake mense en soms weet ek nie meer wanneer iemand opreg is nie.

So, wat gebeur het is die volgende: ek het ’n haar afspraak
gemaak…vir ’n perm. I kid you not, ek wil my hare laat perm.
Lang storiekort, is dat ek vreeslike krul hare het wat net bos en deurmekaar lyk.
Ek mik nou vir Hollywood krulle. Vroeg in Maart is ek gediagnoseer met ’n ernstige
longinfeksie. Ses maande se behandeling sou op my wag.

Min het ek geweet hoe ernstig die behandeling my hare sou
opneuk. Vanoggend kyk die stilis so na my kop en vra: “Op wat se medikasie is
jy?” Sy het dit dadelik raakgesien en gesê dat enige chemiese behandeling my
letterlik sonder ’n haar op my kop sou laat. Sy kon ’n vinnige R600 uit my
gemaak het deur nie eerlik te wees nie.

Haar woorde slaan my toe tussen die oë, want dis presies
die gedagte wat gisteraand deur my kop gemaal het: “Ek verloor eerder ‘n kliënt
omdat ek eerlik is, as wat ek niks sê nie en dan in elk geval met ’n
teleurgestelde kliënt sit wat nooit weer sal terug kom nie.”

Dis nou presies dit.
I would rather be hated for my honesty, than to be loved for pretending to be
someone that I am not.

Wees dankbaar vir die eerlike mense wat jy teëkom. Hulle
is die real deal.

The post Dag 11 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 10 – 125 dae van dankbaarheid
deur Didi Cooke

Dis vandag vir my verskriklik erg om tussen mense te wees wat baie negatief is, elke dag van hulle lewe, wat nooit die positiewe kan raaksien nie. Ek kan getuig dat die Here vir my ŉ hart kom gee het wat 90% van die kere die glas half vol sien en nie half leeg nie. Ek probeer altyd die silwer rand om die donker wolk raak te sien. Dit help my ook om eerder vir die positiewe in mense te soek as om net die negatiewe raak te sien, want as jy foute gaan soek gaan jy hordes kry. As jy die mooi gaan soek en raaksien, smelt die mooi al die negatiewe weg.

Ek is dankbaar dat ek altyd positief kan en wil wees. Ek challenge jou om vandag positiwiteit te kies omdat jy kan!

The post Dag 10 – 125 dae van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.

Dag 7 – 125 van dankbaarheid
deur Surene Esterhuizen

Saterdagmiddag kyk ek ‘n fliek op TV – Ben Hur. Romeinse tipe agtergrond en dan is daar ‘n paar, amper onbeduidende stukkies in die fliek oor Jesus, waar mense bewus gemaak word van hoe Hy dinge anders doen. Die goedheid in Hom en almal praat daaroor. Maar die fliek gaan hoofsaaklik oor ‘n vriend wat sy beste vriend verraai het en hy eindig toe vir 5 jaar op as ‘n roeier op ‘n galleiskip. Intussen kom die twee gewese vriende toe nou weer by mekaar uit en wraak is die hoofgedagte.

Amper op die einde van die fliek het die Romeinse heerser Jesus laat arresteer en daar is ‘n kruisigingstoneel.

Free Image: Google

Ek wens ek kan vir enige iemand verduidelik presies hóé my binneste gevoel het toe ek daardie toneel sien. Hoe dit gelyk het met die Man aan die kruis, die spykers deur Sy hande, die bloed wat drup en later vloei teen die houtkruis af. Die wreedheid van dit alles!! Die emosie wat deur my gaan terwyl ek hierdie toneel kyk en die trane loop en ek weet net weereens: ek móét eenvoudig net volgende jaar Israel toe gaan. Ek móét die geleentheid hê om te kan loop waar Hy geloop het.

Waarvoor is ek vandag dankbaar? DANKIE, GOD, dat U Seun Jesus vir my kon sterf aan daardie houtkruis! Dat U my goed genoeg geag het sodat Hy dit vir my kon doen! Dankie dat U tóé lank voordat ek ‘n gedagte was, rééds met my bemoeienis gemaak het en dit vandag steeds doen.

Dankie, Abba Vader! Dankie! Dankie! Dankie vir U liefde vir mý feilbare, onperfekte, ongehoorsame kind!  Ek het u lief!

The post Dag 7 – 125 van dankbaarheid appeared first on Vat 'n blaaskans / Take a break.