Dag 31 – Vroue-maand 2020

deur Surene Esterhuizen

Ek het nou vir ‘n paar dae niks  geskryf nie, maar dit was nodig om ‘n bietjie terug te staan en net dinge so ‘n bietjie te evalueer. Vroue-maand van 2020 dink ek het ‘n bietjie meer uit ons almal gevat as wat ons werklik gehad het om te gee, maar tog het ons dit êrens uit ons reserwes gehaal.

Behalwe dat ek seker die meeste geskryf het hierdie maand, het ek ook ‘n bietjie uit my gemaksone geklim en nie een nie, maar twee kort videos gemaak wat op sosiale media gedeel is. Dit is mos anders wanneer mens na jouself kyk op film of wanneer jy selfs net na ‘n stem opname van jouself luister. Mens voel nooit ooit goed genoeg nie, maar die besef dat mense in elk geval dit van my sien of hoor elke dag, het daardie barrier vir my afgebreek.

My laaste video het ek gevra wat wil ek vir JOU, vrou van 2020, sê: Wees JY die een wat jou vriendinne bemoedig, wat sê wanneer sy ‘n stunning rok aan het, wanneer haar glimlag jou dag ophelder. Wanneer sy drome het wat vir jou ridiculously impossible lyk, dan sê jy vir haar: Ja, jy kan!! Hoekom, vrou van 2020? Want JY kan hierdie jaar iemand se inspirasie-vrou wees: because YOU can!!!

Laat ons dan nou Augustus 2020 se vroue-maand afsluit met ‘n nuwe gewoonte wat die res van jou, jou vriendinne en enige ander vrou wat ooit jou pad mag kruis, se lewens sal verander!!

JY IS ‘N INSPIRASIE VROU, OMDAT JY KAN!!