deur Surene Esterhuizen Elke vrou is bietjie ek-tyd aan haarself verskuldig. Ek het die langnaweek wat verby is bietjie tyd vir myself gevat. Ek het beplan om baie te stap en te lees, maar ek het omtrent net baie geslaap en geëet! Dit was nie noodwendig sleg vir my menswees nie, net die skaal het geprotesteer. Mens hoef egter nie Read More
Surene gesels
Dag 12 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Tyd is die een kommoditeit waaraan jy absoluut niks kan verander nie. Jy het 24 uur per dag. Jy kan dit nie minder of meer maak nie. Jy kan dit nie vinniger of stadiger laat verbygaan nie. Al is daar wêreldwyd heelwat lande wat nie dieselfde minuut en uur beleef as ons nie, het ons steeds geen Read More
Dag 11 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen 1 Pet 5:7 – Die Boodskap sê: “God is nie aan die kant van mense wat te veel van hulleself dink nie; Hy is goed vir mense wat tevrede met hulle self is sonder om windmakerig te wees.” Hy sê ons is nie beter as ander omdat ons in Hom glo nie. Dan wonder ons hoekom die Read More
Dag 10 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Dag 10 se post – wanneer julle die onderstaande lees, sal julle verstaan hoekom Dag 10 eers vandag gedeel word. ’n Tyd gelede het ek ’n blog geskryf oor ’n Afrikaanse sepie: Sonkring. Die program is êrens in die 90s geskiet en ek het veral opgelet na die feit dat daar nog nie selfone was nie. Jy Read More
Dag 9 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Gelukkig Vroue-dag 2020! Mag jy vandag besef: jy is sterker as wat jy dink jy is! Ek is vroeg wakker en soek op YouTube of Nuwe Lewe Familiekerk se diens al beskikbaar is, maar ek is te vroeg en ietsie pop op van Joyce Meyer (volg die skakel en kyk gerus na haar video) en ek besef Read More
Dag 8 – Vroue-maand 2020
Deur Surene Esterhuizen Sjoe! Vandag se post is bietjie laat, maar internet toegang is ‘n luukse hier waar ek nou is. Vandag dedicate ek aan Ma-wees. Gister het my kind vir die dag uitgegaan en saam met vriende Tafelberg te voet opgegaan. Voordat ek werk toe is, het ek eers vir hom en sy vriende gebid vir beskerming. Maar nes Read More
Dag 7 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Ek sien uit na die langnaweek en ’n heerlike roadtrip na Bonnievale. Ek kan nie wag nie!! Dit gaan hopelik ’n siel verrykende naweek wees en dan het ek nog twee boeke op my lys wat ek ook wil klaar lees. Ek wil net slaap, gaan stap – hopelik speel die weer saam. Hier is solank ’n Read More
Dag 6 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Vandag wil ek fokus op jou gedagtes. In Spreuke 4:23 sê die wyse Salomo: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Elke keer wanneer ek ’n self-help boek koop of op YouTube gaan soek na sulke videos, is daar altyd iemand wat iets te sê het oor die mense wat geld maak uit mense soos Read More
Dag 5 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Vandag fokus ek op DANKBAARHEID … ek word vanoggend op Facebook herinner aan iets wat ek ’n paar jaar gelede daar gedeel het: Wat as jy vandag wakker geword het met slegs dit waarvoor jy God gister bedank het? Sjoe! Die groot vraag is egter: het ek ooit gisteraand vir enige iets dankie gesê? Het ek dankie Read More
Dag 4 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Almal van ons het ’n happy place. Dis daardie plek waarheen jy gaan om net weer te connect met jou siel. My happy place is altyd êrens in die natuur, maar my ultimate plek is by die see. Altyd met ’n sak vol boeke byderhand. Ek koop permanent boeke aan … en so het ek altyd iets Read More
Dag 3 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuzien Vandag bring ek hulde aan een van favourite boeke: Koeke en terte, uitgegee deur Lux Verbi en geskryf deur Susan Coetzer – skrywer en motiveringspreker van formaat. Verlede jaar, Oktober, kry ek by ʼn ander Susan ʼn paar boeke vir my verjaardag. Een van die present-boeke is Koeke en Terte. Ek het dit uiteindelik hierdie naweek klaar Read More
Dag 2 – Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Vandag bring ek hulde aan die ander vroue in my lewe: vriendinne.
Dag 1 ~ Vroue-maand 2020
deur Surene Esterhuizen Op hierdie eerste dag van Vroue-maand wil ek hulde bring aan die eerste vrou in my lewe: my Moeksie. My ma was ’n streng ma, en ja, as kind het ek dit baie kere gehaat wanneer maats baie meer vryheid gehad het as ek. As ek dink aan die situasies waarin sommige van hulle hul bevind het, Read More
Ons vier Vroue-maand
deur Surene Esterhuizen Elke jaar vier Suid-Afrikaanse vroue Vroue-dag op 9 Augustus. Elke jaar op Vroue-dag neem ek en vriendin, Marizanne, deel aan ’n stap vir vroue om Vroue-dag te vier en daarna gaan eet ons ’n heerlike ontbyt by Arnold’s on Kloof in Kaapstad. Helaas, gaan ons hierdie jaar nie aan ’n formele stap deelneem op Vroue-dag nie. Maar Read More
Liefste Mamma!
deur Surene Esterhuizen Hoe mis ek jou vanoggend! Hoe mis ek dat ek jou net ‘n drukkie kon gee! Hoe mis ek dit om vir jou te sê ek is lief vir jou en die liefde vir my in jou oë kon sien weerkaats. Hoe mis ek die voorreg dat ek elke dag met jou kon praat ~ sommer ‘n Read More
Psalm 125 – God belowe!
deur Surene Esterhuizen Ek weet nie of ek langer nuus wil lees of Facebook groepe volg nie. Elke dag raak ek net meer moedeloos oor hoe die regering sekere dinge hanteer. SEB word toegepas in ‘n noodtoestand. Kos word weggehou van mense wat die nodig het om te oorleef. Besef die regering nie dat daar baie sogenaamde wit maatskappye is Read More
Ons stel bekend … raadgewende skrywer, Elsa
deur Surene Esterhuizen Elsa Winckler is geen onbekende in skrywerskringe nie en baie gewild onder haar lesers. Sy is een van my gunsteling skrywers en het al 37 liefdesverhale in Afrikaans geskryf, asook nege kortverhale en een kinderboek. Twee van haar titels het sy self in Engels vertaal en nog drie Engelse liefdesverhale geskryf oor The Cavallo Brothers. Ek het al Read More
Ons stel bekend … projek koördineerder, Surene
Aangename kennis, ek is Surene Esterhuizen, projek koördineerder vir ons saamskryf-boek en ook ’n aktiewe leser, blogger, rusbankreisiger, en crafter! Ek lees bykans enige iets van kinderboeke tot niefiksie, maar ek sit maklik ʼn vervelige boek neer. Tyd is te kosbaar om te mors. Ek het vir jare gedroom oor my eie blog terwyl ek geen idee gehad het waaroor ek werklik Read More
Ons stel bekend … skrywer Annette
Ek is Annette Havenga en ek dra meer as een hoed: in my regte werk dra ek ‘n wit jassie en berei jou voorskrif medisyne voor, maar my passie lê in die media-wêreld waar ek my self behoorlik kan uitleef. Blogger, skrywer, aktrise, radio omroeper en gasspreker – my stokperdjies en passie!
Ons stel bekend … skrywer Susan
Ek is Susan Olivier en het grootgeword op Boksburg, en het die ideale kinderjare gehad, want ek kon onophoudelik lees. Elke week kon ek die stadsbiblioteek besoek. Daar het my droom begin om ook ‘n skrywer te word.